Sanet Ras se lewe herdenk met spesiale parkrun vir kankerbewusmaking
Sy was baie na aan ons harte en ons mis haar baie. Sy was die beste mens en die beste baas."
DIe span van Sanet Ras Prokureurs het die afgelope Saterdag, 3 Oktober hul spesiale tradisie voortgesit om hulde aan Sanet Ras te bring, wat aan kanker in 2025 oorlede is.
Verlede jaar het hul die Kleinplaas parkrun se 5km roete in pienk aangedurf om bewusmaking oor borskanker te skep en ook Sanet se lewe te herdenk. Vanjaar is die tweede keer wat hierdie groep hierdie 5km roete aanpak om vir Sanet te eer tydens Oktober, wat ook borskankermaand is.



“Sy was baie na aan ons harte en ons mis haar baie. Sy was die beste mens en die beste baas. Ons gaan ook aan Bowling for Boobies (op 14 Oktober in Potchefstroom) deelneem vir Sanet,” noem Annetjie Delport van Sanet Ras Prokureurs.



