Local newsNewsNews

Joubert beweer hy het Fourie-broers uit noodweer geskiet

Volgens 'n sielkundige, Claire Hearne, wat getuig het, het Joubert vertel dat hy aanvanklik ongewapen by ’n afspraak met die broers opgedaag het.

Robert Joubert (75), wat daarvan beskuldig word dat hy die Fourie-broers by die Chubby Chick-hoenderonderneming in Potchefstroom doodgeskiet het, voer aan dat hy uit noodweer opgetree het omdat hy geglo het hulle probeer hom vergiftig.

Die hofsaak het Woensdag (18 November) in die streekhof in Potchefstroom voortgeduur, waar Claire Hearne, ’n sielkundige, getuig het oor Joubert se weergawe van die gebeure tydens haar sielkundige evaluering van hom.

Joubert het glo aan Hearne erken dat hy Jonathan Fourie (52) en sy broer Deon (55) op 10 November 2025 uit noodweer geskiet het. Jonathan is op die toneel dood, terwyl Deon sowat ’n maand later weens komplikasies van sy skietwonde oorlede is.

Volgens Hearne het Joubert vertel dat hy aanvanklik ongewapen by ’n afspraak met die broers opgedaag het. Hy het hulle daar gekonfronteer oor sy oortuiging dat hulle hom probeer vergiftig. Ná die gesprek het hy glo gevoel asof hy “op die rand van ’n afgrond staan”.

Hy het daarna sy Beretta-pistool gaan haal, dit onder sy baadjie versteek en na die kantore teruggekeer. Volgens sy weergawe het hy die broers onder die voorwendsel dat hy sy sleutels vergeet het, weer na die raadsaal geneem, waar hy hulle geskiet het.

Die staatsaanklaer, Hester Pretorius, het aangevoer dat die gebeure op voorafbeplanning dui. Sy het daarop gewys dat Joubert reeds dae voor die skietery die afspraak gereël en die vuurwapen uitgeboek het.

Hearne het egter getuig dat Joubert aan waanbeelde, vervolgingswaan en psigose ly. Volgens haar kan sy waandenke veroorsaak dat hy nie rasioneel tot sy eie verdediging kan bydra nie, hoewel hy oënskynlik die regsproses verstaan.

Sy het ook toegegee dat haar bevindinge uitsluitlik op Joubert se eie vertellings gegrond is.

Die verdediging doen aansoek dat Joubert vir verdere sielkundige en psigiatriese waarneming verwys word om sy geestestoestand te bepaal.

Lindiwe Mabasa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het bevestig dat die saak tot 9 Desember uitgestel is vir die hof om die aansoek te oorweeg om Joubert na ’n geestesgesondheidsinrigting vir evaluering te verwys.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button