Local newsNews

Noordwes paaie eis 12 lewens in 48 uur

'n Kind is ook oor die naweek tydens 'n ongeluk oorlede.

Padongelukke in die Noordwes het 12 lewens tussen Vrydag, 11 Julie en Sondag, 13 Julie geëis.

Vrydag het een persoon hulle lewe op die N14 naby Tshing in Ventersdorp verloor. Saterdag was daar ‘n tref-en-trap op die N12 buite Potchefstroom in die rigting van Stilfontein wat een lewe geëis het.

Vrydagaand omstreeks 18:00 op die N4 naby Groot Marico het, ‘n kop-aan-kop botsing waarby vier voertuie betrokke was, vyf lewens geëis.

Daar word beweer dat twee afleweringsvoertuie wat aan dieselfde maatskappy behoort, mekaar gesleep het en van Groot Marico af in die rigting van Swartruggens gery het.

Hulle het na bewering oor die versperringslyn gery en met twee aankomende voertuie gebots. Vier vroue en een man in die ander twee voertuie het aan hul beserings beswyk.

Die insittendes van die twee voertuie wat mekaar gesleep het, is met beserings na die hospitaal geneem.

Sondagaand omstreeks 19:00 het twee voertuie reg van voor gebots op die N18, ongeveer 40 km suid van Mahikeng in die rigting van Setlagole. ‘n Voertuig met drie insittendes wat na Setlagole gery het, het ‘n afleweringsvoertuig verbygesteek en met ‘n aankomende voertuig gebots. Al vier, drie mans en een vrou, is op die toneel van die ongeluk dood.

Net ‘n entjie verder naby Madiba, ‘n Makgabana-dorpie, het ‘n voertuig wat na Mafikeng gery het, ‘n koei getref. Die voertuig wat agter hom gery het, het oor die koei gery en drie insittendes het ernstige beserings opgedoen. ‘n Kind wat saam met hulle gereis het, is ongelukkig op die toneel van die ongeluk dood.

Die LUR verantwoordelik vir die Noordwes Departement van Gemeenskapsveiligheid en Vervoerbestuur, Wessels Morweng, het ‘n boodskap van meegevoel aan die bedroefde families gestuur en die beseerdes ‘n spoedige herstel toegewens.

Sake van strafbare manslag word in alle ongelukke ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button