SportSport

Eerste professionele titel vir Potch tennisster

Mari-Louise van Zyl, het met geen verwagtinge aan haar kant, die $ 15 000 ITF-toernooi in Botswana gewen.

Die Potchefstroomse tennisspeler, Mari-Louise van Zyl, het die afgelope naweek haar eerste professionele vroue-enkelspeltitel by die $15 000 ITF-toernooi in Gaborone, Botswana, verower.

Van Zyl (20), ’n oud-Tokkie- en Gimmie-leerder, het verskeie opponente van Amerika en Europa geklop, waaronder spelers van lande soos Luxemburg, Italië en Denemarke.

In die eindstryd het sy vir Elena Jamshidi van Denemarke met 7-6(5), 6-1 geklop.

Van Zyl het vir ’n ruk lank nie aan professionele toernooie deelgeneem nie, aangesien sy in Amerika by die University of Notre Dame in Indiana studeer en tennis gespeel het.

“Ek het met geen verwagtinge die toernooi binnegegaan nie. Dit was my eerste ITF-toernooi vandat ek van college af teruggekom het. Ek wou eerlikwaar net aan my spel werk. Daarom moes ek kwalifiserende rondtes speel, omdat ek nie meer ’n wêreldranglysposisie gehad het nie.”

Mari-Louise van Zyl speel ‘n rughandhou. Foto: Verskaf.

Volgens Mari-Louise is sy baie dankbaar en bly oor die oorwinning, juis omdat die ervaring so positief was.

“Ek het dit net een wedstryd op ’n slag gevat. Op die ou einde het dit so goed uitgewerk. My lyf het goed gevoel. Alles was regtig lekker gewees. Ek het nie met motivering gesukkel nie.

“Dit was lekker om weer by die huis te wees en die toernooi saam met my ma, Hannelie, te kon beleef. My afrigter het ook in my geglo en my aangemoedig deur te sê dat ek die beste speler by die toernooi is.”

Mai-Louise van Zyl (regs) saam met Elena Jamshidi wie sy in die eindstryd geklop het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button