Local newsNews
Elektrisiteitsonderbreking weens kraglyn
Geen tydlyn vir wanneer Potchefstromers weer sal krag hê, is tans beskikbaar nie.

‘n Groot gedeelte van Potchefstroom is tans sonder elektrisiteit weens ‘n kraglyn wat af is.
Werner van Onselen, DA-raadslid, het bevestig ‘n 133kV lyn is tans af en ondersoek word reeds ingestel.
Geen verdere inligting is in hierdie stadium beskikbaar nie.
Areas wat affekteer word:
- Oewersig
- Heilige Akker
- Bult (gedeeltelik)
- Mooivalleipark
- Tuscany
- De Land
- Hillside
- Vyfhoek
- Modderdam
- Van der Hoffpark
- Ou Bailliepark
- Bailliepark
- Grimbeekpark
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



