KR002358
PH184 – JB MARKS PLAASLIKE MUNISIPALITEIT SPESIALE TOESTEMMINGS GEBRUIK EN OPHEFFING VAN BEPERKENDE TITELVOORWAARDES Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 92(1)(d) en Artikel 92(2)(a) van die Tlokwe Stadsraad se Verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2015, saamgelees met SPLUMA (Wet 16 van 2013), dat die onderstaande aansoek deur die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit ontvang is en gedurende normale kantoorure ter insae l by die Kantoor van die Departement Menslike Nedersettings en Beplanning, JB Marks Plaaslike Munisipaliteit, Kantoor 210, Tweede Vloer, Dan Tloome Kompleks, hoek van Wolmaransstraat en Sol Plaatjielaan, Potchefstroom. Enige besware/verto moet skriftelik ingedien word binne 30 dae vanaf 11 Augustus 2026 by, of gerig word aan, of mondelings indien die beswaarmaker nie kan skryf nie, aan die Munisipale Bestuurder by bogenoemde adres, of gepos word na Posbus 113, Potchefstroom, 2520, vir aandag Nthabiseng Dipale by diphalen@jbmarks.co.za, voor of op die sluitingsdatum vir die indiening van besware/verto, met vermelding van bogenoemde opskrif, die beswaarmaker se belang in die saak, die grond(e) van die beswaar/verto, die beswaarmaker se erf- en telefoonnommers en adres. SLUITINGSDATUM VIR DIE INDIENING VAN BESWARE/VERTO: 10 September 2026 AARD VAN AANSOEK: Aansoek word gedoen vir spesiale toestemming om die huidige besigheids regte permit uit te brei op Gedeelte 1531 van die Plaas Vyfhoek 428, Registrasie Afdeling IQ, Noordwes Provinsie met `n `Plek van Onderrig`; `Restaurant` & *`Gemeenskapsaal` insluitend die aanverwante en ondergeskikte gebruike te akkommodeer ingevolge Klousule 22 van die Tlokwe Dorpsbeplanningskema, 2015, en ingevolge Artikel 76, vervat in Hoofstuk 5 saamgelees met Hoofstuk 6 van die Tlokwe Stadsraad se Verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2015, en die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, Wet 16 van 2013; Daar is ook aansoek gedoen vir die opheffing van beperkende titelvoorwaardes uit die titelakte van die onderstaande eiendom ingevolge Artikel 63, vervat in Hoofstuk 5, en die toepaslike artikels van Hoofstuk 6 van die Tlokwe Stadsraad se Verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2015, saamgelees met die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, Wet 16 van 2013, rakende titelvoorwaardes (T75400/2025), Voorwaarde 1 B (a), (b), (c), op bladsy 3 sowel as Voorwaarde 3 B (a), (b), (c), op bladsy 6, ten einde `n `Plek van Onderrig`; `Restaurant` & *`Gemeenskapsaal` op Gedeelte 1531 van die Plaas Vyfhoek 428, Registrasie Afdeling IQ, Noordwes Provinsie, te akkommodeer. Die aansoekperseel is gele oos van Thabo Mbeki Rylaan (R501) in Potchefstroom. EIENAAR: NOORD-WES UNIVERSITEIT (KRAGTENS GEVESTIG VAN ARTIKEL 20 OF THE HOR ONDERWYS WET, 101 VAN 1997) APPLIKANT: K.W., ROST (GEBOORTEDATUM: 1976/07/31) VAN TOWNSCAPE PLANNING SOLUTIONS CC, REG NR: 2000/045930/23 ADRES : 14 VAN GRAAN STRAAT, POTCHEFSTROOM, 2531. POSBUS 916, POTCHEFSTROOM, 2522. TEL NR : 082 662 1105 EMAIL : WILHELM@TPSPLANNERS.CO.ZA ONS VER : P261161 MUNICIPAL MANAGER, MR K KUMBE
Reference Number: KR002358