Local newsNewsNews

Vat Verniet Tafel kort hulp met bababenodighede

Items wat dringend benodig word, sluit onder meer babaklere, doeke, wipes, seep, babamelk, medisyne, vitamiene, kombersies en ander bababenodigdhede in.

‘n Eenvoudige pakkie doeke, ‘n kombersie of ‘n blikkie babamelk kan die wêreld se verskil maak vir ‘n mamma wat met leë hande staan. Dit is die boodskap van die nie-winsgewende organisasie Vat Verniet Tafel, wat gedurende Augustus ‘n spesiale insamelingsveldtog vir bababenodighede aanbied.

Die organisasie doen ‘n beroep op die gemeenskap om enige baba-items te skenk vir mammas in Potchefstroom wat nie die basiese benodigdhede vir hul babas het nie.

Items wat dringend benodig word, sluit onder meer babaklere, doeke, wipes, seep, babamelk, medisyne, vitamiene, kombersies en ander bababenodigdhede in.

Volgens Angelique Lottering, stigter van Vat Verniet Tafel, ontvang sy daagliks noodkrete van mammas wat desperaat hulp nodig het.

“Ek ontvang baie boodskappe van mammas wie se stories my hart breek. As dit van my afgehang het, sou ek met liefde vir elke mamma ‘n pakkie wou gee. Ongelukkig bedryf ek hierdie projek alleen en is ek heeltemal afhanklik van skenkings,” sê Lottering.

Sy verduidelik dat die organisasie tans slegs mamma-pakkies aan inwoners van Potchefstroom kan uitdeel omdat daar nie genoeg fondse of kapasiteit is om pakkies na ander dorpe te stuur nie.

“Indien iemand van ‘n ander dorp wel graag gehelp wil word en bereid is om die koerierkoste self te betaal, kan ons natuurlik kyk of dit moontlik is. My droom is dat hierdie projek eendag groot genoeg sal wees om nog baie meer mammas regoor Suid-Afrika te kan help.”

Lottering vra ook dat inwoners wat nie self kan skenk nie, die veldtog op sosiale media sal deel.

“Selfs al kan jy nie iets skenk nie, kan ‘n eenvoudige deel of status dalk die regte persoon bereik wat wel kan help. Dit kos jou net ‘n minuut, maar dit kan ‘n groot verskil maak in ‘n mamma en haar baba se lewe.”

Sy bedank elke persoon wat reeds die projek ondersteun.

“Elke bydrae maak ‘n verskil. Dit is danksy die gemeenskap se ondersteuning dat ons elke maand hoop kan bring aan mammas en hul babas.”

Enigiemand wat ‘n bydrae wil maak of meer inligting verlang, kan Angelique Lottering by 067 080 2757 kontak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button