Local newsNewsNews

Trok ry binne sloot by konstruksieterrein

Volgens beskikbare inligting het die vragmotor se brieke glo onklaar geraak

‘n Trok het vanoggend in ‘n sloot by die konstruksieterrein van die Botha Straat Pompstasie-projek beland.

Volgens beskikbare inligting het die vragmotor, wat aan die kontrakteur behoort, se brieke glo onklaar geraak. Dit het gebeur tydens werksverrigtinge op die perseel.

Die vragmotordrywer kon glo nie die vragmotor keer wat se brieke ingegee het nie. Foto: Verskaf

Die bestuurder van die vragmotor is hospitaal toe geneem. Geen ander mense is op die toneel beseer nie.

‘n Pyp is wel beskadig op die perseel wat herstel moet word. ‘n Hyskraan sal die trok voor die einde van die dag uit die sloot haal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button