BlogsOpinions

Katjies en hul dinge: Speel soos kat en rot

Sweeney se beste maat is 'n rot!

Sweeney is seker die babakatjie wat die vreemdste maatjies kies. Nie net is hy dik pelle met Sammy die besige Jack Russell nie, maar hy het twee ietwat kleiner maatjies ook, Splinter en Shredder, my twee mak rotte.

Sweeney geniet dit vreeslik baie om met hulle te speel, aangesien hulle in elk geval nie veel groter as hy is nie. Ons haal hulle gereeld uit die hok uit om op die bed te speel, maar sodra Sweeney sien die rotte is uit, verander sy oë in albasters en raak sy neusie sommer ekstra skerp – so lyk hy wanneer hy in hunting-mode in gaan.

Hy spring op die bed en hardloop al agter die rotte aan; om en om in sirkels. Tot hy uiteindelik besluit hy gaan vir die vang – dan duik hy die wit rot Splinter heel onderstebo! So sal hy saam met hulle rond rol, agter hulle aan hardloop en hulle sterte probeer vang tot ons hulle weer terug in die hok sit.

Wat dit nog meer opwindend maak is die feit dat die een rot terug speel. Hy sal al om Sweeney hardloop en wanneer Sweeney hom dan probeer vang sal hy tussen die kussings gaan inkruip en net sy koppie uit steek om vir Sweeney te loer. Die swart rot Shredder is nie baie mal oor Sweeney nie – hy verkies dit om te sit en kyk na hoe die kat en die rot mekaar rondjaag.

https://www.youtube.com/watch?v=2q6EcqtCnPw&feature=youtu.be

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button