Daniël Hartzer
R&O (Registrasie en Oriëntering) sal jou HK-lede (ook bekend as “koshuis leiers”, moet hulle net nooit dit noem nie) vir jou sê is die beste tyd van jou lewe wat jy nooit weer sal wil doen nie.
Hulle lieg. Dit is ʼn aaklige ervaring wat baie pyn veroorsaak, baie bloeding, baie oefening, baie sweet, baie seer, en trane, nie trane van geluk nie. Maar om R&O soortvan te oorleef kan jy probeer om van dié wenke te volg.
- Moenie gaan nie, bly by die huis. Moenie by ʼn koshuis aansluit nie en rus liewers. Spaar geld en gaan JOOL eerder. Koshuis kinders julle gaan nie kan JOOL nie, julle gaan musiek kan luister maar niemand sien nie en glad nie drink nie omdat julle te besig gaan wees om blommetjies te vou vir jul koshuis-vlot.
- Hou pynpille by jou. Jy en jou vriende gaan dit nodig hê.
- Hou altyd genoeg water by jou, want jy loop hopeloos te veel en raak ongelooflik dors.
- Kry solank gemaklike skoene en gaan stap elke dag so 1 km, want sodra jy begin met R&O gaan jy baie, baie meer as 1 km ‘n dag loop.
- Dra ‘n hoed en gebruik sonbrand room, want niemand wil gaan kuier terwyl hulle vel rooi gebrand is nie.
- As jy by ‘n koshuis is en die HK’s sê jy moet nie gaan kuier nie, moet nie. Baie HK’s straf al die eerstejaars wat hulle ken as hulle in kuierplekke gevind word, nog ‘n rede om nie te gaan nie.
- Lê in die agtergrond waar niemand jou ken of sien nie, want op so ‘n manier gaan jy min doen en sal jy kan gaan kuier sonder om te stres dat een van jou HK-lede jou dalk op Bourbon’s se dansvloer sal herken.
- Ken die Lingo voordat jy gaan:
- R&O – Registrasie en Oriëntering
- Blommetjies – blommetjies wat met vierkantige plastiek, polistireen en klein rekkies gemaak word (ook bekend as ʼn groot pyn in jou gat)
- SR – die studenteraad, ʼn groep studente wat al die ander op kampus regeer (hulle is die belangrike ouens)
- SS – Studentesentrum (maar niemand noem dit so nie). Die formele naam is die Klipoog Kafeteria maar hou eerder net by SS. Die SS is soos ‘n groot snoepie en is verantwoordelik vir meeste oorgewig-eerstejaars
Om die waarheid te sê, dit is eintlik nie so erg nie. Jy gaan heel moontlik spyt wees as jy nie deel van die nagmerrie is nie. Sterkte, en geniet jou studentelewe ten volle.
Kry jou R&O oorlewingsgids hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



