NewsNews

Skop 2019 af soos elke student moet – met JOOL!

Groot, kleurryke vlotte wat agter mekaar in die strate van Potchefstroom afbeweeg. Duisende eerstejaarstudente wat in die bloedige son loop en blik skud. Die doel van JOOL is om fondse in te samel vir liefdadigheid en studente die geleentheid te gee om ’n verskil te maak in die gemeenskap.

Groot, kleurryke vlotte wat agter mekaar in die strate van Potchefstroom afbeweeg. Duisende eerstejaarstudente wat in die bloedige son loop en blik skud. Die doel van JOOL is om fondse in te samel vir liefdadigheid en studente die geleentheid te gee om ’n verskil te maak in die gemeenskap.

Twee aande se musiekvertonings met van die beste kunstenaars in die land en ’n prag-vuurwerkvertoning wat die einde van ’n week se bloed, sweet en trane afsluit. Hierdie is net ’n paar maniere om JOOL (Jou Onbaatsugtige Opoffering vir Liefdadigheid) te beskryf.

Die NWU Potchefstroomkampus se JOOL is sedert 1942 die afskoppunt van die sosiale kalender onder studente. Jong mense van reg oor die land migreer elk​e Januarie na die studente dorp om deel te neem aan een van die grootste studente gedrewe feeste.

Die gevoel van samesyn gedurende die tyd is soos geen ander. Sinoniem met optredes deur die beste plaaslike kunstenaars en die alombekende vlotoptog is hierdie die een geleentheid van die jaar wat jy nie wil misloop nie. Boonop die avontuur wat JOOL beloof, is dit nie net vir ‘n lekker tyd nie maar ook vir ‘n goeie doel. Alle winste wat gemaak word deur JOOL word gebruik om 87 gemeenskap projekte te befonds wat gebruik word om die Potchefstroom gemeenskap te bemagtig.

Die JOOL vertonings sal plaasvind op 31, Januarie 2019 – 1, Februarie 2019 en die jaarlikse vlotoptog op 2, Februarie 2019.

Die volgende kunstenaars is reeds bekend gemaak:

Bok van Blerk

Majozi

Karen Zoid

Bittereinder

December Streets

Francois van Coke

Straatligkinders

Besoek Facebook vir die volledige line-up.

Jy kan jou JOOL kaartjies hier koop.

Heir is ‘n voorsmakie van wat jy by volgende jaar se JOOL kan verwag.

Related Articles

Back to top button