BlogsOpinions

Van die Redakteur: Word deel van die proses

Mense kla gewoonlik dat besluite sonder hulle insette geneem word.

Mense kla gewoonlik dat besluite sonder hulle insette geneem word. Een manier om seker te maak dat jou stem gehoor word, behalwe by die stembus, is om aan die openbare deelname-proses deel te neem. Kennisgewings word in verskeie koerante gepubliseer wanneer nuwe ontwikkelings aan die kom is. Hierdie kennisgewings gee vir inwoners die tyd om seker te maak dat daar geen beswaar is teen ’n spesifieke ontwikkeling nie. Ongelukkig lees inwoners nie gereeld die kennisgewings nie, daarom is hulle nie altyd bewus van wat kom, tot dit daar is nie. Dieselfde geld vir die beplande munisipale tariefverhogings vir die volgende finansiële jaar. In hierdie uitgawe is daar ’n kennisgewing wat inwoners uitnooi om na die beplande tariefverhogings te kyk en daarna te besluit of hule beswaar wil maak teen enige voorgestelde verhogings. Dié dokumente is by die munisipale gebou beskikbaar. Dit blyk dat meeste tariewe ’n verhoging van 6% voorstel. Daar is ’n interessante voorstel dat daar ’n nuwe heffing van R35 per voorafbetaalmeter bygesit moet word. In wese beteken dit dat elke persoon wat so ’n meter in sy huis het, R35 sal moet betaal om krag te kan koop. Prakties sou dit seker van die eerste aankoop van krag afgetrek word.
Die rede vir die heffing is nog duister, omdat dié meters nie gelees hoef te word nie. So, waaroor word die geld dan nou eintlik gebruik? Is dit omdat die munisipaliteit hulle inkomstestroom wil diversifiseer? Dit is ’n verstaanbare besigheidsbesluit, maar dan moet die dienslewering ook daarmee gepaard gaan. Daarom is dit belangrik dat inwoners die tipe dokumente nagaan en hulle besware aan die munisipaliteit bekend maak sodat as die raad nie ag slaan op die besware nie, daar weer vrae gevra kan word. Word deel van die proses.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button