

Nartjie-my-liefie skryf…
Ek het 12 Januarie die McLaren Sirkus se vertonings op die Trimpark gaan kyk sonder enige verwagting, maar met die wete in my agterkop dat ‘n paar suurknolle in ons omgewing sterk teen die idee is om iets te ondersteun waar moontlike dieremishandeling plaasvind.
Nog nooit in my lewe was ek so aangenaam verras toe ek sien hoe die leeus soos troeteldiere hanteer word. Die ringleier het swepe, maar het die goed nie gebruik om die leeus mee te slaan nie, eerder net aan te por soos wat jy ‘n perd by ‘n perderesies sou aanpor. Hulle is meer ‘treats’ gevoer en die sterte het geswaai. Dit was magies mooi vir my.
Ek het nuwe respek gekry vir hoe hard die mense by die sirkus werk. Dit is die moeite werd om te gaan kyk. Daar is so baie mooi vertonings dat ek glo die klomp suurdruiwe in ons dorp mis vreeslik uit. Potchefstromers is geneig om te kerm en te kla dat daar nie veel in die dorp aangaan nie, maar sodra iets mooi begin blom, kla hulle oor onsin.
Mense, wees oopkop, gaan self sirkus toe sodra jy weer die geleentheid kry en dan maak jy ‘n oordeelsbesuit asseblief? Julle mis ‘n diamant wat blink voor jul neuse swaai.




