Gimmies rugbyspanne presteer in Beeldtrofee kwalifiserende westryde
Al drie die Gimmie-rugbyspanne het die afgelope naweek, Saterdag 1 Augustus as oorwinnaars van die veld gestap in die Beeldtrofee-kwalifiserende wedstryde wat hulle gespeel het. Die eerstespan het 39-7 teen Overkruin gewen, die o.16’s het vir Tuine met 40-6 getroef en die o.15’s was met 19-13 baas teen Piet Retief. Potchefstroom Gimnasium se eerstespan is …
Al drie die Gimmie-rugbyspanne het die afgelope naweek, Saterdag 1 Augustus as oorwinnaars van die veld gestap in die Beeldtrofee-kwalifiserende wedstryde wat hulle gespeel het. Die eerstespan het 39-7 teen Overkruin gewen, die o.16’s het vir Tuine met 40-6 getroef en die o.15’s was met 19-13 baas teen Piet Retief. Potchefstroom Gimnasium se eerstespan is wel ‘n goed-geoliede masjien. Al die parte werk as een man saam om die beste resultate te lewer met die voor- en agterspelers wat mekaar ondersteun. Dit kan die beste op die verdediging gesien word waar hulle soos een man op Overkruin se spelers toegesak het en glad nie kans gegee het om asem te haal nie. Overkruin kon wel nie in die eerste helfte op dreef kom nie en het ‘n duur prys betaal waar hulle gedurig op die agtervoet was. Op die aanval was Gimnasium ook bobaas gewees met Jaswyn Damon se blitslopies en Inus Vermeulen se robuuste krag wat die pas aangevoer het. Die eerstes was sodoende met ‘n klompie drië alreeds met 27-7 voor teen rustyd. Otto van der Westhuizen, Veltie van der Merwe, Inus Vermeulen, Jacques Jacobs, Heinrich Siepker en Martin Linde het Gimmies se drieë gedruk. Jaswyn Damon het ook met drie doelskoppe en een strafdoel geslaag. Wat die prestasie nog meer merkwaardig maak is die feit dat al drie wedstryde wegwedstryde was. Die komende naweek (Saterdag 8 Augustus) speel al drie hierdie Gimmiesspanne in die kwarteindrondte van die Beeldtrofee, ook weg. Die eerstes speel teen Volkskool Heidelberg, die o.16’s teen Transvalia en die o.15’s teen Oos Moot.



