SportSport

Gimmies se 0.16 netbaldogters is SA se nommer een

Die titel van die land se beste o.16 dogters netbalspan behoort nou aan Potchefstroom Gimnasium. Die plaaslike groep dogters het alle teenstand van die beste en grootste spogskole in die land oorwin en met 12-9 teen ’n ander Noordwes teenstander, Hoërskool Klerksdorp, in die eindstryd van die SA Nasionale Skolekampioenskappe geseëvier. Hierdie groot sukses kon …

Die titel van die land se beste o.16 dogters netbalspan behoort nou aan Potchefstroom Gimnasium.

Die plaaslike groep dogters het alle teenstand van die beste en grootste spogskole in die land oorwin en met 12-9 teen ’n ander Noordwes teenstander, Hoërskool Klerksdorp, in die eindstryd van die SA Nasionale Skolekampioenskappe geseëvier.

Hierdie groot sukses kon nie moontlik gewees het sonder maande se oefening en spanwerk wat die jong spelers so ’n hegte eenheid vir die afgelope drie jaar maak nie. ’n Groot aspek van hierdie eenheid is spanafrigter Marianne Ray wat die afgelope 21 maande vir die groot oomblik al intensief begin voorberei het.

“Hierdie was ’n ontsettende lang en produktiewe seisoen vir ons. “Ons het baie hard voorberei en voor ons SA’s sukses die Noordwes-titel, sowel as die Coke-toernooi twee weke gelede gewen. Ek dink dit het die meisies daardie ekstra selfvertroue gegee,” meen Marianne.

Op die nasionale skolekampioenskappe het die span slegs een wedstryd in die poelfase verloor toe hulle met ’n enkele punt teen Hoërskool Menlopark die knie moes buig. Dit was juis hierdie struikelblok wat die span nog meer durf gegee het om nie weer in dieselfde verloorstrik te trap nie.

“Die kompetisie was verskriklik naby gewees. “Al ons wedstryde het ons met slegs twee of drie punte gewen. Dit is hier waar my doelskieters, Elani van der Merwe en Melissa Smit hulle BMT (temperament) bewys het.

“In sulke wedstryde kan jy nie foute bekostig nie en hulle het onder druk hul beste spel gespeel. Ek is vreeslik trots,” vertel Marianne opgewonde. Met die dat beide KHS en Gimmies in die finaal is, is dit weer eens ’n bewys dat Noordwes-netbal op ’n baie sterk plek is. “Vir my was Hoërskool Eldoraigne ons grootste uitdaging en net om hulle met 15-10 te kon klop het ons alreeds meer lus vir die beker gemaak. “Ek dink ons (Noordwes), Gauteng en die Wes-Kaap is die beste drie netbalskole provinsies,” gee Marianne haar opinie. Verdediging was een van Gimmies se uitblink aspekte waar hulle hul opponente geen kans gegee het om asem te skep of vrylik op die baan rond te beweeg nie. “Ons verdediging het die wedstryde in ons guns gedraai. Ons het vir elke bal gekompeteer en werklik alles gedoen om die bal in ons speelveld te hou. Dit het veral in ons wedstryd teen Waterkloof gehelp,” noem sy.

Na afloop van die SA nasionale skole-netbalkampioenskappe het Gimmies die merkwaardige prestasie behaal deur algeheel as die derde beste netbalskool in die land aangewys te word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button