SportSport

Pukke se Ysterman mik na hoër hoogtes in Warrior Race

‘n Paar jaar gelede sou Willem Erasmus (31), ‘n projekbeplanner by die Noordwes-Universiteit (NWU), nie gedink het dat hy as een van die land se beste Warrior Race atlete bekend sou staan nie. Nou is hy wel in die vierde plek in die Black Ops Elite-kategorie en na ‘n reeks podiumposisies, streef hy daarna om …

‘n Paar jaar gelede sou Willem Erasmus (31), ‘n projekbeplanner by die Noordwes-Universiteit (NWU), nie gedink het dat hy as een van die land se beste Warrior Race atlete bekend sou staan nie.

Nou is hy wel in die vierde plek in die Black Ops Elite-kategorie en na ‘n reeks podiumposisies, streef hy daarna om by die nasionale kampioenskappe verder naam te maak.

Erasmus is nou al vir meer as 20 jaar ‘n Potchefstromer en het met die sport kennis gemaak toe sy vriende hom gevra het of hy saam met hulle in spanverband wou deelneem. Erasmus, wat gereeld fiks gebly het, het toe besluit dat dit iets lekker kan wees.

“Ek het deelgeneem en dit baie geniet. Baie mense dink dat ek obsessief deelneem, maar dit is nie ‘n obsessie nie, dit is doelgerigtheid,” sê hy. Die Black Ops Elite-kategorie is nie kinderspeletjies nie. Net om klaar te maak en al die hindernisse te oorwin is reeds ‘n groot prestasie. Wanneer deelnemers nie ‘n hindernis kan klop nie, word hulle gediskwalifiseer.

“Die moeilikste hindernis vir my is die ‘Cliffhanger.’ Dit toets jou vingersterkte en is iets wat moeilik is, aangesien jy nie jou vingers gereeld sterk kry nie,” vertel Erasmus, wat verskeie hindernisse soos onder meer modderpoele en touklim moet voltooi. Erasmus neem as ‘n amateur-atleet deel aan die kompetisie, maar stof ander professionele atlete met sy krag en spoed uit.

“Die top drie in my kategorie doen dit voltyds en bestee al hulle tyd aan voorbereiding. Ek werk nog en moet maar tyd maak,” sê hy. Hy oefen gereeld saam met Hanneké Dannhauser, die Warrior Race voorloper.“Ek doen ook cardio-oefening saam met Jean Verster by die Pukke se Hoë Prestasie Instituut en dit help my om my stamina en uithouvermoë te verbeter.”

Volgens hom kan enigeen nie sommer die Warrior Race doen nie, aangesien daar ‘n balans tussen krag en stamina moet wees. “Ek was nooit baie sterk of baie vinnig nie, maar ek glo ek het die sport gekry wat my perfek pas,” meen hy.

“Hoewel ek reeds gekwalifiseer het vir die Wêreldkampioenskappe in Oktober, het ek weens ‘n gebrek aan befondsing besluit om myself toe te spits op plaaslike- en nasionale byeenkomste met my doel gerig op Warrior#8 in November, wat ook as die nasionale kampioenskap bekendstaan,” sê hy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button