Burgemeester Khumalo is nuwe beskermheer van Potch Dorp Rugbyklub
Potchefstroom se uitvoerende burgemeester, rdl. Kgotso Khumalo, is onlangs deur Potchefstroom Dorp Rugbyklub as ere-beskermheer van die klub benoem. Die voorsitter van die klub, Jan Janse van Rensburg het tydens ‘n spesiale geleentheid ‘n oorkonde en ‘n ere-baadjie van die klub aan die burgemeester oorhandig. Potchefstroom Dorp Rugbyklub vier vanjaar sy 125e bestaansjaar. Rdl. Khumalo …
Potchefstroom se uitvoerende burgemeester, rdl. Kgotso Khumalo, is onlangs deur Potchefstroom Dorp Rugbyklub as ere-beskermheer van die klub benoem.
Die voorsitter van die klub, Jan Janse van Rensburg het tydens ‘n spesiale geleentheid ‘n oorkonde en ‘n ere-baadjie van die klub aan die burgemeester oorhandig. Potchefstroom Dorp Rugbyklub vier vanjaar sy 125e bestaansjaar.
Rdl. Khumalo het verwys na die belangrike rol wat Potchefstroom Rugbyklub deur die jare gespeel het om gesonde sport in die stad te bevorder. Hy het verwys na die roemryke verlede van die klub en die talle top spelers wat die klub opgelewer het.
Hy het gesê dat dit belangrik is dat die gemeenskap, veral sakeleiers, steun aan die klub verleen sodat daar voortgebou kan word op die historiese geleentheid.Hy het verder gesê dat die tyd aangebreek het dat gesinne weer na klubrugby en sportbyeenkomste moet terugkeer.
Hy het ook gesê dat die stadsraad ‘n belangrike rol speel om sport vir alle mense in Potchefstroom te help ontwikkel.Jan van Rensburg het op sy beurt gesê dat die klub deur die jare deur top manne op die hande gedra is en dat die ondersteuning van sakeleiers ‘n groot rol gespeel het om die klub die sukses te maak wat dit is.
Hy het gesê dat die klub, soos enige ander klub, op die ondersteuning van die gemeenskap staatmaak en dat hy hoopvol is dat die stad die verjaarsdagvieringe van die klub met nog groot ondersteuning sal bystaan.



