SportSport

Gimmies en Volkies pak mekaar Saterdag in krieketstryd

Na die opwinding van die Protea-wedstryd kan krieketliefhebbers hulle weer gereed maak vir nog opwindende wedstryde hierdie Saterdag, wanneer Volkskool en Gimnasium mekaar pak. Die eerstespanne speel op Volkskool se veld en die o.15’s pak mekaar by Gimnasium in 50-beurt wedstryde. Die organiseerders by Volkskool het die stad se Graad 7’s genooi om die wedstryd …

Na die opwinding van die Protea-wedstryd kan krieketliefhebbers hulle weer gereed maak vir nog opwindende wedstryde hierdie Saterdag, wanneer Volkskool en Gimnasium mekaar pak.

Die eerstespanne speel op Volkskool se veld en die o.15’s pak mekaar by Gimnasium in 50-beurt wedstryde. Die organiseerders by Volkskool het die stad se Graad 7’s genooi om die wedstryd te kom bywoon. Beide wedstryde begin om 09:00.Beide eerstespanne het al teen Hoërskool Rustenburg en HTS Potch gespeel.

Volkskool se eerstes moes die knie buig voor die Rustenburgers, terwyl Gimnasium aan die wenkant was. Albei spanne het verspot maklik teen HTS gewen.

Kyk ‘n mens net na die twee uitslae, sal Gimnasium as gunsteling op die veld stap, maar mens moet in gedagte hou dat die kern van Volkskool se uiters suksesvolle T20-span, wat tot die nasionale toernooi in Stellenbosch deurgedring het, ook Saterdag speel.

Gimnasium se eerstespan het verlede jaar gewen en was ook in die meeste wedstryde die afgelope jare aan die wenkant. Volkskool se o.15’s het verlede jaar maklik gewen. Daar wag dus liplek-lekker krieket op ondersteuners.
Die eerstespanne lyk so:

Gimnasium:

Anton Prinsloo, SW Rossouw, Jooste Fourie, Divan Mienie, Ruan Haasbroek, GP van der Merwe, Francois van Deventer, Vernon Charslund, Lourén Steenkamp, Jaco Schoeman en Kobus Viljoen.
Afrigters:Braam de Villiers (hoof) en Nicus Boshoff (hulp)

Volkskool:

Jandré Dreyer, Ruan von Abo, Louis van Schalkwyk, Vincent Viljoen, Cobus Crowther, WL Fourie, Jacques Bouwer, Herman Prinsloo, Charles Louw, David Crowther, Gerhard Oosthuizen

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button