SportSport

Swemmers samel ses nuwe rekords in

Potchefstroom Swemklub het nie net ‘n uitstaande vorige swemseisoen beleef nie, maar ook die nuwe seisoen op ‘n hoë noot afgeskop. Veertien swemmers van dié swemklub is in die Noordwesspan opgeneem vir die Small District Inter-Provincial Gala. Dié gala het op 22 Augustus in Boksburg plaasgevind. Potchefstroom Swemklub se uitstaande swemmers het ‘n merkwaardige ses …

Potchefstroom Swemklub het nie net ‘n uitstaande vorige swemseisoen beleef nie, maar ook die nuwe seisoen op ‘n hoë noot afgeskop.

Veertien swemmers van dié swemklub is in die Noordwesspan opgeneem vir die Small District Inter-Provincial Gala. Dié gala het op 22 Augustus in Boksburg plaasgevind.

Potchefstroom Swemklub se uitstaande swemmers het ‘n merkwaardige ses rekords ingeoes:

Eliz-Maric Cronje in die 100m rugslag en 200m wisselslag vir vroue 17 en ouer; Jason de Beer in die 100m vryslag en 100m rugslag vir mans 15 jaar oud; en Chazél Orton in die 50m vryslag en 200m wisselslag vir vroue 10 jaar oud.

Die volgende swemmers het medaljes tydens die byeenkoms ingeoes:

•Anja Boucher in die kategorie vir vroue 16 jaar: Brons vir 100m vlinderslag

•Eliz-Maric Cronje in die kategorie vir vroue 17 jaar en ouer: Brons vir 100m vryslag en 2 goue medaljes vir 100m rugslag 200m wisselslag.

•Jayson de Beer in die kategorie vir mans 15 jaar: 2 goue medaljes vir 100m rugslag en 100m vryslag.

•Idelé du Toit in die kategorie vir vroue 13 jaar: 2 silwer medaljes vir die 100m vlinderslag en 200m wisselslag.•Martin du Toit in die kategorie vir mans 17 jaar en ouer: Brons vir 100m vlinderslag en silwer vir 100m rugslag.

•Theo Ferreira in die kategorie vir mans 13 jaar oud: Silwer vir 100m vryslag.

•Bianca Opperman in die kategorie vir vroue 13 jaar: Brons vir 100m borsslag.

•Chazél Orton in die kategorie vir vroue 10 jaar: Brons vir 50m vlinderslag en 2 goue medaljes vir 50m vryslag en 200m wisselslag.

Swemmers wat medaljes as lede van afslosspanne gewen het is Rudy van Graan, Botha du Toit en Conrad Jordaan.Die eerste belangrike byeenkoms in die nuwe seisoen vir die klub is die Pecanwood Kortbadkampioenskap wat op 25 en 26 September plaasvind. Potchefstroom Swemklub gaan teen 14 ander klubs in die provinsie kompeteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button