Bergfietsry se bestes is in Potch
Dit is nie net blote toeval dat Suid-Afrika se beste jong bergfietsryers van Potchefstroom af kom nie.Daar is verskeie redes waarom Noordwes die skole bergfietsreeks kampioenskappe hierdie jaar gewen het. Een van hierdie redes is Frans van der Berg, wat die Turbo Snails elke dag met uitmuntende passie afrig.“Ek sê altyd ons hou aan oefen …
Dit is nie net blote toeval dat Suid-Afrika se beste jong bergfietsryers van Potchefstroom af kom nie.Daar is verskeie redes waarom Noordwes die skole bergfietsreeks kampioenskappe hierdie jaar gewen het. Een van hierdie redes is Frans van der Berg, wat die Turbo Snails elke dag met uitmuntende passie afrig.“Ek sê altyd ons hou aan oefen totdat ek moeg is. Ek haal die beste uit elkeen uit en ek neem dit baie ernstig op,” begin Frans vertel.Die Turbo Snails bevat van Potchefstroom se beste fietsryers, waaronder Volkies se Brandon van der Berg (sy seun), Pieter du Toit en Nooi Louw sowel as Gimmies se Danielle Strydom.
“Brandon ry al fiets sedert hy 11 jaar oud was en ek het toe besluit om ‘n oefengroep met ‘n paar ryers te stig,” sê Frans, wie se groep nou al tot 20 ryers gegroei het.Volgens Frans is spesiale voorbereiding vir elke wedren kritiek en word daar deeglik beplanning gedoen.“Die tegniese vaardighede is wat die goeie ryer van die bestes skei. ‘n Mens moet ‘n aanvoeling hê op die baan en weet wanneer om hoe te ry wat jou die beste gaan pas,” verduidelik hy.
Daar bestaan ook ‘n uitstekende verhouding in die groep wat uit wedersydse respek vir mekaar en lojaliteit teenoor die sport sterk lê. “Ek haal my hoed af vir my kinders wat elke week dag na dag opdaag om te oefen en te verbeter en te geniet wat hulle doen,” vertel Frans, wie se passie by bergfietsbaanbou lê. Die Turbo Snails presteer beslis met Brandon en Pieter wat die afgelope twee jaar SA XCO kampioene in hulle klasse geword het.Hulle prestasies het daartoe gelei dat hulle saam met Louw, ambassadeurs vir die Kargo professionele Bergfietsspan is – een van die grootste spanne in Suid-Afrika.



