Noordwes se belowende krieketsterre wil naam maak tydens O.19 Khaya Majola Week
Die o.19 Khaya Majola Krieketweek wat vanaf 16-20 Desember in Port Elizabeth plaasvind, is ’n skouspel van jong opkomende skolekrieketspelers wat op hierdie verhoog wil wys dat hulle die talent het om professioneel te kan speel. Groot Protea vondse is al in vorige weke gemaak soos Kagiso Rabada, Rilee Rossouw, AB de Villiers en nog …
Die o.19 Khaya Majola Krieketweek wat vanaf 16-20 Desember in Port Elizabeth plaasvind, is ’n skouspel van jong opkomende skolekrieketspelers wat op hierdie verhoog wil wys dat hulle die talent het om professioneel te kan speel.
Groot Protea vondse is al in vorige weke gemaak soos Kagiso Rabada, Rilee Rossouw, AB de Villiers en nog vele meer.
Die Noordwes se o.19 span gaan hierdie jaar een van die groot aanspraakmakers wees in die toernooi.
Die span het groot kolfdiepte met veral Volkies se Jandré Dreyer en Gimmies se lopiemasjiene, Lourén Steenkamp en Ruan Haasbroek wat boulers sal laat bekommer. HTS se Modise Mahlaku kan ook fyn dopgehou word.
St. Conrad’s het die meeste verteenwoordigers in die span met vier spelers wat Noordwespette sal dra. St. Conrad’s se Lesego Senokwane sal beslis met sy draaiwerk ’n sleutelrol in Port Elizabeth speel.
Noordwes se eerste twee wedstryde van die toernooi is teen Grens en Namibië in tydkrieketformaat. Daarna speel die span twee T20 wedstryde teen KwaZulu-Natal en Westelike Provinsie.
Span:
- Ruan Minnaar (KHS)
- SW Rossouw (Gimmies)
- Hlompo Modimokoane (Grenswag)
- Modise Mahlaku (HTS)
- Ruan Haasbroek (Gimmies)
- Jandre Dreyer (Volkskool)
- Lourén Steenkamp (Gimmies)
- Vian Maritz (Rustenburg)
- Lesego Senokwane (St. Conrad’s)
- Tshepo Seroalo (St. Conrad’s)
- Tshepang Motjale (St. Conrad’s)
- Mbulelo Matunda (St. Conrad’s)
- Tumelo Mokoena (Borakanelo)
Afrigters: Hendrik de Vos en Jimmy Kgamadi.



