Rugby League se Vikings reg vir die Libanese
Groot belangstelling heers in Rugby League kringe in Potchefstroom met die sterk span van die Amerikaanse Universiteit van Beiroet in Libanon wat 15 Januarie hier gaan opdaag. Die manne van Beiroet gaan teen die onervare dog gedugte Western Vikings van Potchefstroom Dorp Rugby Klub in ’n groot wedstryd in daardie week te staan kom. Die …
Groot belangstelling heers in Rugby League kringe in Potchefstroom met die sterk span van die Amerikaanse Universiteit van Beiroet in Libanon wat 15 Januarie hier gaan opdaag. Die manne van Beiroet gaan teen die onervare dog gedugte Western Vikings van Potchefstroom Dorp Rugby Klub in ’n groot wedstryd in daardie week te staan kom. Die wedstryd is ter voorbereiding van die komende Wêreldbeker vir studente waaraan Suid-Afrika ook gaan deelneem en wat binne n jaar of wat n geleentheid vir Suid-Afrikaners bied om weereens hul slag op die sportvelde van die wêreld teen ander lande in ander sportkodes te bewys.
Die voorstel dat die wedstryd op Olënpark moet plaasvind is verander omdat Potch Dorp ’n krag in League begin word en graag die wedstryd op hul tuisveld wil speel. Die wedstryd is een van ’n hele aantal internasionale wedstryde wat in Suid-Afrika gaan plaasvind ter voorbereiding of kwalifisering vir die komende Rugby Leaguewêreldbeker of Studentebeker of ander kompetisies wat groot geleenthede vir spelers bied wie graag Unie sowel as League wil speel.
Die besoekers sal by die klub deur die Uitvoerende Burgemeester van Potchefstroom, Raadslid Kgotso Khumalo verwelkom word en die moontlikheid is dat die span na die wedstryd in die stad sal oornag.
“Dit is ’n uitsonderlike geleentheid vir Unie sowel as Leaguespelers om rugby in die algemeen te bevorder,” sê Jan Prinsloo, oud Springbok beroepspeler. Rugby League het ’n geweldige impak by Potch Dorp gemaak tot so n mate dat die spelers wie by die nuwe kode geregistreer is, meer fiks en beter toegerus is vir die Unieseisoen wat oor n maand of twee begin.
Studente wie rugby in beide kodes wil speel, kan gerus met die voorsitter van die klub, Dr. Jan Janse van Rensburg by 0823352295 kontak maak of met Jan Prinsloo. oud Springbok beroepspeler



