SportSport

Deysel terug vir Pukke

Goeie nuus is dat die haastige Namibiese senter, Johan Deysel, terug in die Pukspan is vir die Varsitybeker na ‘n leenperiode by die Sharks. Deysel het groot indruk gemaak in Durban en het boonop onlangs die toekenning vir SA Rugby se drie van die jaar verower. Daardie drie wat hy teen die Shimlas in verlede …

Goeie nuus is dat die haastige Namibiese senter, Johan Deysel, terug in die Pukspan is vir die Varsitybeker na ‘n leenperiode by die Sharks.
Deysel het groot indruk gemaak in Durban en het boonop onlangs die toekenning vir SA Rugby se drie van die jaar verower. Daardie drie wat hy teen die Shimlas in verlede jaar se finaal gedruk het, was ‘n skouspelagtige individuele drie wat met elke kyk net weer beter word.
“Dit is fantasties om Deysel terug te hê in ons span,” sê Jonathan Mokuena, NWU Pukke se hoofafrigter.
Mokuena en Pukke sal hoop dat Deysel nog meer briljante drieë in sy versameling het, veral noudat ‘n soortgelyke lopie binne ‘n span se halfgebied nou 9 punte tel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button