Malan moker Noordwes deur na KSA Eendagreeks eindstryd
Die Noordwes Drake speel eersdaags in die eindstryd van die KSA Eendagreeks. Die reeks word oor 50 boulbeurte beslis. Die Drake het seker gemaak van die eindstryd na hulle Sondag op Senwespark oortuigend met Noord-Kaap afgereken en met 6 paaltjies gewen het. Noord-Kaap het eerste gekolf en word uitgeboul vir 241. Marques Ackerman neem 3/42 …

Die Noordwes Drake speel eersdaags in die eindstryd van die KSA Eendagreeks. Die reeks word oor 50 boulbeurte beslis.
Die Drake het seker gemaak van die eindstryd na hulle Sondag op Senwespark oortuigend met Noord-Kaap afgereken en met 6 paaltjies gewen het. Noord-Kaap het eerste gekolf en word uitgeboul vir 241. Marques Ackerman neem 3/42 en Siviwe Gidana 3/54.
In die Drake se kolfbeurt het Janneman Malan feesgevier met ‘n onoorwonne 129. Die Drake gaan die teiken verby vir die verlies van net vier paaltjies.

Die eindstryd sal teen OP, Gauteng of KZN (Binneland) wees.
*Die Noordwes Drake kon nie hulle posisie in die eerste plek van Poel A van die Sunfoil Driedagreeks onaanvegbaar maak nie en die onbesliste uitslag in die wedstryd teen Noord-Kaap laat die gaping oop vir die WP om hier net voor die wenpaal by Noordwes verby te skuif. Noordwes het 113.74 punte met WP net 6.36 punte agter hulle op 107.38.
Die WP speel tuis teen KZN in hulle laaste wedstryd van 18 tot 20 Maart. Noordwes se bepalings is afgehandel.
Wen die WP, is dit neusie verby. ‘n Onbesliste uitslag of ‘n wedstryd wat uitreën, sal welkom wees vir Noordwes.



