Die Wilge hoërskool het vandag hulle laaste liga wedstryd 42-0 gewen.
Hulle het die vir die tweede agtereenvolgende jaar die LSOB liga gewen, weereens onoorwonne. Die manne van Die Wilge het hulle teenstanders, Oom Paul van Rustenburg, behoorlik pakslae gegee. Die Oom Paul spelers het later in die wedstryd gelyk of hulle die wil verloor het om te speel. Maar Die Wilge het nie vir een oomblik hulle voete van die petrol af gehaal nie. Met ‘n sterk pak voorspelers, wat die voorbeeld van hulle kragman, loskopstut Brandon “Beast” Booysen gevolg het, het die manne van Potch oor hulle teenstanders geloop. Die Wilge se skrums was dominant. Hulle lynstaan werk was ook ‘n trappie bo die van Oom Paul. Agsteman Lethlogonolo Soqcaka, wat voor gespring het, het keer op keer, balle by Oom Paul afgevat.
Alhoewel die agterlyn spel soms bietjie te los was, het Die Wilge se agterlyn hulleself goed van hulle taak gekwyt. As dit nie was vir die hoeveelheid hanteringsfoute nie, sou Die Wilge ‘n honderdtal opgesit het. Die manne van Over de Voor Manskoshuis het die, Die Wilge manne ondersteun in hulle wedstryd.
Hulle volgende wedstryd is in die Noordvaal kompetisie teen die span wat in die Blou bulle liga wen. Hulle sal op 28 Mei weer in aksie wees in die kwarteindrondte van die Noordvaal kompetisie.
Volgens Wikus Geyer, 1ste span afrigter, kan sy span ‘n haas uit die hoed trek om na die volgende rondte van die Noordvaal kompetisie deur te dring.
“Ons het almal se ondersteuning nodig. Potchefstroom het verlede jaar bewys dat hulle agter ons manne kan staan. Ons gaan weer die gemeenskap se ondersteuning nodig hê,” het Geyer gesê.

























































