Entertainment

Oud Potchefstromer nuwe feesbestuurder

Alexa Strachan, bekende vervaardiger, skrywer, regisseur, sanger en akteur, is aangestel om die Potchefstroom Kunstefees vir 2016 te bestuur.

Alexa Strachan, bekende vervaardiger, skrywer, regisseur, sanger en akteur, is aangestel om die Potchefstroom Kunstefees vir 2016 te bestuur.
Japie Gouws, woordvoerder van groep van Aardklop-belanghebbendes, wat bestaan uit verteenwoordigers van die Potchefstroom Sakekamer, die Potchefstroom Stadsraad, gemeenskapsleiers uit Potchefstroom, die Noordwes Universiteit, stigtersborge asook ander borge en medewerkers van Aardklop Kunstefees oor jare, het vandag (19 Mei) die aankondiging gemaak.

Alexa matrikuleer in 1987 aan die Hoër Volkskool Potchefstroom, en behaal haar BA-graad met hoofvakke Wysbegeerte en Kunsgeskiedenis in 1991 aan die Universiteit van Pretoria.

Sy het haar loopbaan as onafhanklike vervaardiger, entrepreneur, skrywer, sanger en akteur oor jare gevestig. Haar jarelange noue verbintenis en samewerking met Sandra Prinsloo, PG du Plessis, Koos Roets en André Scholtz het haar in staat gestel om wye ervaring op te doen in die teater- en filmbedryf.

In die korporatiewe omgewing hanteer sy jaarliks die bestuur, samestelling en tekste van groot teater- en musiekproduksies, onder andere SARIE se Voorbladgesig; FNB se Night with the stars; Atterbury Trust en Rust en Vrede se Versnit-konserte en Akademia se Sakeplankompetisies.

In opdrag van die Woordfees en in samewerking met musiekregisseur Schalk Joubert, vervaardig sy ook die 70ste verjaarsdagkonsert Anton Goosen – Liedjieboer, met onder andere David Kramer, Churchill Naudé, Sonja Heroldt, Robin Auld en Gert Vlok Nel.

Gouws het gesê dat hulle verheug is dat Alexa nou aan die hoof van die span staan om die fees tussen 4 en 9 Oktober 2016 in Potchefstroom te laat gebeur. Haar wye ervaring en kundigheid stel haar in staat om hierdie taak aan te pak.
Gouws het ook weer die volgende beklemtoon:
• Die proses om aansoek te doen vir produksies het ook nou begin en skriftelike aansoeke kan per e-pos gerig word aan Potchfeesprogram@gmail.com. Die sluitingsdatum is 27 Mei 2016.
• Aansoek vir stalletjies (op die feesterrein op die Bult) kan nou per e-pos gestuur word aan Potchfeesstalletjies@gmail.com. Die sluitingsdatum is 24 Junie 2016.
• Die nuwe adres van die feeskantoor is Molenstraat 69, Potchefstroom.

• Die landlynnommer van die feeskantoor is 018 175 0175

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button