SportSport

Welpies brul by Potchefstroom Weermagvelde

Die Luiperds se Welpiesrugby het op 28 Mei ’n rugbydag aangebied waar tjokkers hulle rugbytalente begin ontgin het. Daar was ’n klompie goue oomblikke op die veld waar ouers met toewyding hulle jong bloedjies aangemoedig het. 13 Skole het aan die dag deelgeneem. Hulle sluit in: Laerskool Ventersdorp Gekombineerde Skool, Laerskool Bailliepark, Laerskool Saamtrek, Laerskool …

Die Luiperds se Welpiesrugby het op 28 Mei ’n rugbydag aangebied waar tjokkers hulle rugbytalente begin ontgin het. Daar was ’n klompie goue oomblikke op die veld waar ouers met toewyding hulle jong bloedjies aangemoedig het.

13 Skole het aan die dag deelgeneem.

Hulle sluit in: Laerskool Ventersdorp Gekombineerde Skool, Laerskool Bailliepark, Laerskool Saamtrek, Laerskool Mooirivier, Laerskool ML Fick, Laerskool Burgersdorp, Laerskool Orkney, Babbelbekkies Kleuterskool, Laerskool Noordvaal, Laerskool Meiringspark, Laerskool Goudkop, Laerskool Driefonteine en Laerskool Stilfontein.

Sowat 620 kinders het aan hierdie suksesvolle dag deelgeneem, waar toekomstige Luiperds en Springbokke miskien hulle eerste drie gedruk het.

Foto’s: Mario van de Wall.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button