SportSport

Rugby League en sokker vat hande

Rugby League Suid-Afrika steun die ontwikkeling van enige sportsoort en waar moontlik om hand by te sit soos in die geval van sokker in Potchefstroom. Dit het onlangs bekend geword dat Jomo Cosmos die klubgebou en velde van Potchefstroom Dorp Rugbyklub vir ‘n sokker akademie wil deel. Die fasiliteite behoort aan die stadsraad. Jan Prinsloo, …

Rugby League Suid-Afrika steun die ontwikkeling van enige sportsoort en waar moontlik om hand by te sit soos in die geval van sokker in Potchefstroom. Dit het onlangs bekend geword dat Jomo Cosmos die klubgebou en velde van Potchefstroom Dorp Rugbyklub vir ‘n sokker akademie wil deel. Die fasiliteite behoort aan die stadsraad.

Jan Prinsloo, provinsiale voorsitter van Rugby League in Noordwes en ‘n bestuurslid van Potch Dorp, sê die inskakeling kan voordele vir albei sportsoorte inhou. “Die gebou en velde behoort aan die stadsraad en indien daar ‘n gesonde verstandhouding bestaan, dan kan dit die rugbyklub sowel as sokker bevoordeel.

“Daar is natuurlik baie opknappingswerk wat nou aan die klubgebou en terrein gedoen moet word en moontlik is die tyd reg dat die sokkerbase en die klub se bestuur ‘n lysie saamstel van die gebreke. Ons is dankbaar vir dit wat reeds gedoen is maar daar is nog baie wat gedoen sal moet word om die sokkermense te huisves.

Prinsloo sê verder dat dit die uitvoerende burgemeester, wat vanselfsprekend voorkeur sal gee aan die klub waarvan hy die ere beskermheer is, se plig is om seker te maak dat die klub waar Rugby League en Unie gespeel word, nie aan die korste ent trek nie.

Een van die aspekte wat die klub baie kan bevoordeel is die Australiese projek, “One Community Resource and Wellness Projek” wat verlede jaar die groen lig van die burgemeester gekry het en waarvoor die Kenneth Kaunda Distrik Onderwysdepartement in Noordwes ook angstig wag. Die projek kan sowel sokker en rugby en enige ander sportsoort geweldig bevorder, sê Prinsloo.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button