Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Lonmin skakel Potch Dorp uit Neserliga uit

Potch Dorp se bekerdroom is verby na ’n 29-22 nederlaag teen Lonmin in die Neserliga halfeindstryd. Potch Dorp se eerstespan het hulle allerbes probeer om Lonmin op hulle tuisveld die afgelope Saterdag, 30 Julie, te klop, maar kon nie hul beste rugby op kritieke tye speel nie. Daar was soms oomblikke van sprankelrugby, maar dit …

Potch Dorp se bekerdroom is verby na ’n 29-22 nederlaag teen Lonmin in die Neserliga halfeindstryd. Potch Dorp se eerstespan het hulle allerbes probeer om Lonmin op hulle tuisveld die afgelope Saterdag, 30 Julie, te klop, maar kon nie hul beste rugby op kritieke tye speel nie. Daar was soms oomblikke van sprankelrugby, maar dit het te laat begin gebeur.

Linkervleuel, Deon van Zyl, het twee pragtige drieë gedruk. Potch Dorp het ’n slegte eerste helfte gehad en moes te veel doen in die tweede 40 minute om die 17-0 agterstand in te haal. Binnesenter, Franco van Dyk, het ook vir Dorp gaan druk.
Melusi Mgewa het vir Lonmin hulle eerste drie gaan druk, terwyl die flank, Jimmy Thomo, twee drieë ingepalm het. Thomo was een van Lonmin se staatmakers op die veld.

Kyk die foto’s hier:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button