SportSport

Sunette Viljoen deur na Olimpiese spiesgooifinaal

Die Potchefstroomse spiesgooier, Sunette Viljoen, het net een gooi nodig gehad om haar plek in Vrydag se vroue spiesgooifinaal by die 2016 Rio Olimpiese Spele te bevestig. Viljoen het ‘n afstand van 63.54 meter gegooi om saam met die top spiesgooiers in die finaal vir die medaljes te kompeteer. Die finaal vind Vrydagoggend, 19 Augustus …

Die Potchefstroomse spiesgooier, Sunette Viljoen, het net een gooi nodig gehad om haar plek in Vrydag se vroue spiesgooifinaal by die 2016 Rio Olimpiese Spele te bevestig.

Viljoen het ‘n afstand van 63.54 meter gegooi om saam met die top spiesgooiers in die finaal vir die medaljes te kompeteer.

Die finaal vind Vrydagoggend, 19 Augustus om 02:10 plaas met Potchefstroom en die hele nasie wat bankvas agter haar sal staan.

Op sosiale media het Viljoen ook kort na haar kwalifisering vir die finaal haar ondersteuners bedank.

“This is a special thumbs up for all the amazing support! Thank you to each and everyone!” het sy op Twitter genoem.

Sunette Viljoen is deur na die eindrondte van die Vroue Spiesgooi by die 2016 Rio Olimpiese Spele.
Sunette Viljoen is deur na die eindrondte van die Vroue Spiesgooi by die 2016 Rio Olimpiese Spele.

Volg Sunette Viljoen op Twitter @Sunette_Viljoen vir die nuutste aksie regstreeks uit Rio:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button