SportSport

Kan Cheetahs nes Wayde maak?

Die Blou Bulle het verlede naweek lang trane gehuil toe die Cheetahs hulle behoorlik in Rosestad met 43-20 seergeprik het. Die Blou Bulle sal wel ‘n pleister of twee in die vorm van ‘n behoorlike wen die OP Kings wil plak om hulle seisoen weer op dreef te kry. Al ons voorspellers is van mening …

Die Blou Bulle het verlede naweek lang trane gehuil toe die Cheetahs hulle behoorlik in Rosestad met 43-20 seergeprik het.
Die Blou Bulle sal wel ‘n pleister of twee in die vorm van ‘n behoorlike wen die OP Kings wil plak om hulle seisoen weer op dreef te kry.
Al ons voorspellers is van mening dat die Bulle die Kings gemaklik sal wen en niemand kan rêgig daarmee stry nie.
Die Kings is tot dusver een van die lagwekkendste spanne nog in Curriebekergeskiedenis. Die grote hierdie naweek is wel die indrukwekkende Cheetahs teen die WP op Nuweland. Cheetah ondersteuners moet optimisties wees vir hierdie ene. Ox Nche speel klipharde rugby op stut en ouens soos Francois Venter, Rayno Benjamin en Fred Zeilinga maak groot naam die afgelope twee weke.
Dalk is hierdie jaar, die jaar waar die Cheetahs nes ou Wayde ook weer die Vrystaat sal trots maak. “Nei man!” sê die stoere WP ondersteuners wat reken dat hulle geliefde Streeptruie weer die eindstryd hierdie jaar onder Robbie Fleck se afrigting sal haal. Die WP het self vir Huw Jones en Leolin Zas wat ‘n paar duike in enige verdediging kan maak.
Die Leeus het verlede week vir die Pumas afgeransel en blitsvinnig driëe gaan druk. Lourens Erasmus sal met sy drie 8.5 sekondes na die afskop hiervan getuig.
Dit was ook die vinnigste drie in die geskiedenis van Curriebekerrugby. Meeste glo dat die Griekwas in Kimberley geen antwoord vir die honger troep Leeus sal hê nie.
In dieselfde asem glo baie dat die Haaie ook in Wellington vir Boland met gemak sal kaf draf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button