NewsNewsUpdate

Kind sterf ná leeu-aanval

’n Jong seun het gisteroggend (18 Augustus) gesterf nadat hy deur leeus aangeval is op Otavi buite Parys.

’n Jong seun het gisteroggend (18 Augustus) gesterf nadat hy deur leeus aangeval is op Otavi buite Parys.

Die seun is onderweg na die hospitaal oorlede. Nooddienspersoneel het langs die pad gewag om bystand te verleen, maar het die seun dood verklaar met sy aankoms by die wagtende ambulansvoertuie.

Die 12-jarige seun was Nkalamelo Latha, wat as weeskind by sy ma se suster en swaer gebly het. Sy swaer is werksaam by Otavi as toesighouer, het die polisie gesê.

Nkalamelo het na bewering volgens die polisieverslag saam met ‘n werker in die leeukamp ingegaan waarop die leeus die seun aangeval het. Die werker kon daarin slaag om te vlug en is nie beseer nie.

Nkalamelo het ernstige kopwonde gehad en het aan sy beserings beswyk voordat hy by die hospitaal kon kom.  Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag teen die werker.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button