SportSport
Patria se eerstes is koshuiskonings!
Patria manskoshuis se eerste rugbyspan is weer die Steinhoff Koshuiskampioenne van die NWU Pukke nadat hulle vir Over de Voor-manskoshuis met 32-20 op Maandagaand, 23 Augustus getroef het. Patria se kaptein Berto Kleynhans was in sy skik met die oorwinning. “Dit was ‘n baie moeilke wedstryd gewees, maar ons het hom deurgedruk. Ek wil graag …

Patria manskoshuis se eerste rugbyspan is weer die Steinhoff Koshuiskampioenne van die NWU Pukke nadat hulle vir Over de Voor-manskoshuis met 32-20 op Maandagaand, 23 Augustus getroef het. Patria se kaptein Berto Kleynhans was in sy skik met die oorwinning. “Dit was ‘n baie moeilke wedstryd gewees, maar ons het hom deurgedruk. Ek wil graag ons Hemelse vader eerstens dank en dan, ons afrigters Jaco Buys en Johan Deysel wat baie leiding gegee het. En dan ook ons spanbestuurder, Pieter Voster en al die broers wat saam my gespeel het.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


























