SportSport
Pukke se Stoltz maak naam teen Nieu-Seeland
NWU Pukke se kranige hulpdoel, Renske Stoltz, het hierdie week haar eerste wedstryd vir die Proteas teen Nieu-Seeland gespeel en haar goed van haar taak gekwyt. Suid-Afrika het wel dié wedstryd in die reeks met 65-46 verloor, maar bewys dat al hoe beter speel teen sterker opposisie. Die reeks wat tans in Nieu-Seeland en Australië …
NWU Pukke se kranige hulpdoel, Renske Stoltz, het hierdie week haar eerste wedstryd vir die Proteas teen Nieu-Seeland gespeel en haar goed van haar taak gekwyt.
Suid-Afrika het wel dié wedstryd in die reeks met 65-46 verloor, maar bewys dat al hoe beter speel teen sterker opposisie. Die reeks wat tans in Nieu-Seeland en Australië gespeel word sluit ook die Engeland en Australië in.
Stoltz het 11 doele behaal en slegs drie gemis, met ‘n doelpersentasie van 78.5%.
Die Proteas speel hulle volgende wedstryd teen Engeland op Sondag, 4 September om 05:30.
Die aksie kan regstreeks op Supersport 210 gevolg word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



