SportSport

Mooirivier wys hulle klas in krieketliga

Laerskool Mooirivier se o.11-A en o.13 B-spanne het hierdie jaar weer uitstekend in die Noordwesliga gevaar met die o.11’s wat die algehele titel as wenners geneem het en die o.13 span wat net-net teen Laerskool Vastrap kleigetrap het.  

Laerskool Mooirivier se o.11-A en o.13 B-spanne het hierdie jaar weer uitstekend in die Noordwesliga gevaar met die o.11’s wat die algehele titel as wenners geneem het en die o.13 span wat net-net teen Laerskool Vastrap kleigetrap het.

KRIEKETNWNAASWENNERSO13B
Die o.13B-span van Laerskool Mooirivier is die naaswenners van die NW-liga. Die span het teen Laerskool Vastrap met net 10 lopies verloor. Voor: Lyle Nanni, Juwan Retief, Darius Kruger, Daniel Fourie. Middel: Xandré van der Westhuizen, Heinrich Voicht (afrigter), Marli van Staden (tellinghouer), Johnny Warren (afrigter), Cornell Grobler. Agter: Jandré Wentzel, Michael Fourie, Gerrit Muntingh, Reinhardt Röntgen, Marco Snyman, James Botha, Benjamin Viljoen, Bernard Kock, Jannie Niemand.
KRIEKETNWWENNERSO11A
Laerskool Mooirivier se o.11A-krieketspan is die NW-kampioene. Die span het in die finaal die span van Laerskool Vastrap met ses paaltjies gewen. Voor: Ruan Lotz, Damian Charslund. Middel: Ruben Beukman, Marko Werkman, Edwin Warren (afrigter), Jadrik Lamprecht, Jacques Basson. Agter: Francois Blom, Carsten Conradie, Chris Heyns, Richter van der Merwe, Wian Landman, Andrew van Schalkwyk, Franco van Dyk.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button