Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Spannende einde vir Noordwes senior gholf-ope

Die Noordwes senior gholf-ope is op 1 en 2 Oktober by die Buiteklub aangebied. Van die top senior spelers in die land het aan die toernooi oor 36 putjies deelgeneem. Die toernooi het ‘n opwindende einde gehad, toe Steven Williams van Modderfontein gholfklub en Duncan Neill van Germiston gholfklub in ‘n uitspeelstryd betrokke was om …

Die Noordwes senior gholf-ope is op 1 en 2 Oktober by die Buiteklub aangebied. Van die top senior spelers in die land het aan die toernooi oor 36 putjies deelgeneem. Die toernooi het ‘n opwindende einde gehad, toe Steven Williams van Modderfontein gholfklub en Duncan Neill van Germiston gholfklub in ‘n uitspeelstryd betrokke was om te bepaal wie die kampioen is vir die seniors (ouderdom 50 tot 60). Williams het die uitspeel op die derde uitspeelputjie gewen. Die Noordwes kampioen is Christo Reyneke van Lichtenburg, wat ook die super senior (ouderdom 60 +) kampioen was.

Die voorste posisies was soos volg:

1 Steven Williams 70 72 142

2 Duncan Neill 69 73 142

3 Greg Gleeson 73 70 143

4 Christie le Roux 75 71 146

4 William Skinner 75 71 146

4 Stephen Johnston 71 75 146

4 Morgan Phillips 71 75 146

8 Christo Reyneke 75 72 147

9 Adrian Kriel 75 73 148

10 Schalk Naude 73 76 149

11 Jock Wellington 77 73 150

11 Henri Swanepoel 75 75 150

*Ander kompetisies by die Buiteklub die week was:

* Woensdag 28 September het die klub ‘n bonus bogey-kompetisie aangebied. Die wenners was:

1e – Awie Otto met +6

2e – Albert Britz +2

3e – Joe Wood +2

*Die nege putjie Vleiskompetisie op Vrydag 30 September se formaat was IPS en die wenners was:

1e – Martin Botha met 21 punte

2e – Henri Swanepoel met 21 punte

3e – Manie Smit met 21 punte

Foto’s: Wouter Pienaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button