Noordwes Bergfietsspan se kaptein hoop vir nog ‘n groot sege
Die Noordwes Skole Bergfietsspan gaan hierdie naweek (8-9 Oktober) hulle titel by die 2016 Spur Skolereeks Nasionale Kampioenskappe verdedig. Brandon van der Berg, kaptein van die span, glo dat harde werk en goeie voorbereifing hulle weer na ‘n sege by Bekker sal lei. “Natuurlik voel ek dat niks is onmoontlik met God se hulp nie. Die …
Die Noordwes Skole Bergfietsspan gaan hierdie naweek (8-9 Oktober) hulle titel by die 2016 Spur Skolereeks Nasionale Kampioenskappe verdedig. Brandon van der Berg, kaptein van die span, glo dat harde werk en goeie voorbereifing hulle weer na ‘n sege by Bekker sal lei.
“Natuurlik voel ek dat niks is onmoontlik met God se hulp nie. Die NW-span is hierdie jaar nog sterkter as verlede jaar en ons gaan met ‘n positiewe gesindheid ons Nasionale titel verdedig. Met ‘n sterk span soos NW agter my, kan ek as kaptein net trots wees en weet dat elkeen ten volle sy uiterste bes gaan gee en vele podiums gaan verwerf,” het Van der Berg, wat ook ‘n leerder by Hoër Volkskool Potchefstroom is, genoem.
Lees gerus nog ‘n voorskou van hierdie groot bergfietsnaweek hier: https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/23366/it-all-boils-down-to-bekker/



