SportSport

Potch A se jong seuns speel kookwater krieket

Potch A is steeds onoorwonne vir die 2de agtereenvolgende jaar en spog met klomp van die stad se blinkste kriekettalent. Potch A is ‘n kombinansie van spelers van Bailliepark, Central, Lofdal, ML Fick, Mooirivier, Saints Christiaan School wat al vir die afgelope drie jaar saam in die Potch A-span deelneem aan die NW Distrikte Toernooi. …

Potch A is steeds onoorwonne vir die 2de agtereenvolgende jaar en spog met klomp van die stad se blinkste kriekettalent.

Potch A is ‘n kombinansie van spelers van Bailliepark, Central, Lofdal, ML Fick, Mooirivier, Saints Christiaan School wat al vir die afgelope drie jaar saam in die Potch A-span deelneem aan die NW Distrikte Toernooi.

Hierdie span het as o.11 A-span in 2014 slegs teen Rustenburg verloor maar het in 2015 as o.12A-span en nou weer in 2016 as o.13 A-span teruggeslaan en al vyf die ander distrikte geklop. Die o.13 A-span se toernooi het hierdie jaar afgeskop met ‘n spanbou aksie by Pretarena waar die seuns in spanverband saam met die o.13 B-span aan verskeie groepsaktiwiteite deelgeneem het. Na hierdie aksie was ou vriendskappe weer vernuwe en het die spangees opgebou vir die distrikte week.

IMG-20161004-WA0002

Hierdie kombinasie seuns uit ses verskillende skole het deur die jare en tydens verskeie toernooie wat hulle al saam gespeel het, vriendskappe en sportbande gesmee wat ‘n baie groot rol gespeel het tydens hierdie jaar se distrikte week. Hulle ken mekaar se swak en sterkpunte en is gemaklik met mekaar op die sportveld. Kommunikasie tussen lopies is as gevolg hiervan uitstekend en daarom was daar nie situasies wat tot die verlies van paaltjies gelei het nie. Alhoewel die ander distrikspanne groot tellings teen mekaar opgestel het, was dit tot hulle verbasing nie die geval teen Potch A nie.

IMG-20161004-WA0004
Potch A klop:
Westelikes met 5 paaltjies
Sentraal met 89 lopies
Rustenburg met 6 paaltjies
Kosh met 10 paaltjies
Kwena met 4 paaltjies

Die distrikte-week is nie net ‘n geleentheid vir spelers om teen ander distrikte te kompeteer nie, maar dit is ook die geleentheid vir die Noordwes keurders om talent te identifiseer vir die Standerdbank, Noordwes Stedelike en Noordwes Plattelandse spanne.Potch A is bevoorreg om agt spelers te hê wat uitgenooi is na die Noordwes/Standardbank proewe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button