SportSport

Potchefstroom Gimnasium se Jansen’s kelder EG Jansen

Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspan het die afgelope naweek, Saterdag 22 Oktober teen EG Jansen in die kwartfinaal om die Gunn & Mooretrofee (Noordvaalreeks) gespeel en baie gemaklik met  5 paaltjies gewen. EG Jansen het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Hierdie stryd is weens die reën en ‘n nat veld na …

Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspan het die afgelope naweek, Saterdag 22 Oktober teen EG Jansen in die kwartfinaal om die Gunn & Mooretrofee (Noordvaalreeks) gespeel en baie gemaklik met  5 paaltjies gewen.

EG Jansen het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Hierdie stryd is weens die reën en ‘n nat veld na 40 boulbeurte per span verkort. Dit het geblyk of EG Jansen se besluit om eerste te kolf erg misluk het toe hulle vir ‘n skamele 153 lopies in die 39ste beurt uitgeboul is. Vir Gimmies het Duan Jansen 3 paaltjies geneem, terwyl sy tweelingbroer Marco Jansen, sowel as die blondekop Vernon Charslund elk 2 paaltjies geneem het. Gimmies het die wentotaal in die 37ste beurt verbygesteek. Divan Mienie (59) en Marco Jansen (54) het met die kolf uitgeblink. Gimmies speel teen die wenner tussen Waterkloof en Noordheuwel in die semi-finaal. In die ander semi-finaal spook Heidelberg Volkskool en Centurion sake uit vir ‘n plek in die finaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button