SportSport

Volkies se o.15 span pak Monument in Noordvaal-halfeindstryd hierdie Saterdag

Hoër Volkskool Potchefstroom se o.15-A krieketspan het na hulle Noordwesliga-sege weer die oorwinningskrane oopgedraai en hulle Noordvaal kwartfinaal teen Hoërskool Marais Viljoen met 80 lopies gewen. Hierdie o.15-span het in hierdie wedstryd ‘n ietwat lae 205 almal uit aangeteken met Van Zyl Smit wat met ‘n 51 die meeste lopies aangeteken het. Die jong kaptein …

Hoër Volkskool Potchefstroom se o.15-A krieketspan het na hulle Noordwesliga-sege weer die oorwinningskrane oopgedraai en hulle Noordvaal kwartfinaal teen Hoërskool Marais Viljoen met 80 lopies gewen.

Hierdie o.15-span het in hierdie wedstryd ‘n ietwat lae 205 almal uit aangeteken met Van Zyl Smit wat met ‘n 51 die meeste lopies aangeteken het. Die jong kaptein en Christopher de Freitas (43) het met hulle vennootskap die skade herstel en Volkies ‘n kans gegee.

Gelukkig vir Volkies was hulle boulers vuur en vlam en het hulle teenstanders vir slegs 125 uitgeboul. Volkes se sterre met die rooi kersie was Timothy Malan met 3/32 sowel as De Freitas (2/15) en Smit met (2/12) wat weer net soos met die kolf, die sout in Marais Viljoen se wonde gevryf het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button