NewsNews

Rowers gebruik nou nuwe stategie

Rowers gebruik deesdae 'n nuwe strategie om toegang tot mense se huise te verkry en hulle dan te beroof.

Rowers gebruik deesdae ‘n nuwe strategie om toegang tot mense se huise te verkry en hulle dan te beroof.

Om inwoners meer hieroor in te lig, word ‘n vergadering Vandag (28 Oktober) om 14:30 by die NG Kerk in Walter Sisululaan deur die Potchefstroom Gemeenskaps Polisiëringsforum (GPF) en polise gereël.

Volgens ao Mpho MAnyoba, polisiewoordvoerder, daag die rowers by mense se huise op en vertel vir die niksvermoedende huishulpe dat hulle van een of ander regeringsdepartement is en ’n onderhoud met hulle wil voer om seker te maak alles is nog reg by die werkplek,” vertel Manyoba.
Sodra hulle toegang tot die perseel verkry het, word die huishulp oorval en en die huis word beroof.
’n Huis in Strausslaan is Vrydagoggend omstreeks 11:00 op dié manier beroof. Tydens die rooftog is twee mense in die huis aangehou terwyl die verdagtes juwele en elektroniese toestelle gesteel het. Die verdagtes het glo in ‘n blou Nissan bakkie en ‘n roomkleur Mercedes van die toneel gevlug. Die polisiehelikopter is geaktiveer, maar kon nie die verdagtes opspoor nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button