SportSport

Caster en Tshepang is NWU Puksport se bestes

Is dit die beste sportjaar wat die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus nóg ervaar het? Gaan ons weer so ‘n jaar sien? Dít is die vraag wat James Stoffberg, direkteur: NWU-Puksport, Woensdagaand 19 Oktober by Christa Galli tydens Puksport se jaareindfunksie gevra het. Die rekords het gespat, Olimpiese medaljes is ingepalm, daar was oudergewoonte ‘n lys uitstaande …

Is dit die beste sportjaar wat die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus nóg ervaar het? Gaan ons weer so ‘n jaar sien? Dít is die vraag wat James Stoffberg, direkteur: NWU-Puksport, Woensdagaand 19 Oktober by Christa Galli tydens Puksport se jaareindfunksie gevra het.

Die rekords het gespat, Olimpiese medaljes is ingepalm, daar was oudergewoonte ‘n lys uitstaande prestasies by die onderskeie USSA-toernooie, die eerste rugbyspan het die Varsitybeker ingepalm en net twee dae voor die funksie het die netbalspan van Dorette Badenhorst hul tweede Varsity Netbalkroon verower.

Wat individuele prestasies betref was daar rede om groot te glimlag vir ‘n handvol NWU-sterre. Daar was egter een atleet wat ‘n konstellasie op haar eie was: Caster Semenya.

Sy het vanjaar vier goue medaljes tydens die USSA-kampioenskap behaal, by die SA-kampioenskap het sy binne die bestek van ‘n paar ure drie goue medaljes met wêreldklastye verower (400m, 800m en 1500m). By die Afrika-kampioenskap het sy weer eens drie goue medaljes verower (800m, 1500m en 4×400 aflos).

Toe die onvergeetlike. In Rio de Janeiro tydens die Olimpiese Spele wen sy die goue medalje in die 800m met ‘n nuwe SA-rekordtyd van 1:55.28 sekondes.
Sy het elke wedloop waaraan sy vanjaar deelgeneem, het gewen.

Sigrid Burger en Jo-Ané van Dyk is gesamentlik as die Sportvrou van die Jaar aangewys. Burger was van die eerste netbalspan se sleutelspelers asook lid van die seëvierende SA Universiteitespan wat aan die Wêreldbeker in Miami, VSA deelgeneem het. Sy is ook aangewys as die land se voorste doelskieter ná afloop van die nasionale Brutal Fruit-kampioenskap en het die Proteas met oorgawe verteenwoordig.

Caster Semenya (links) is as Puksport se Sportvrou van die Jaar aangewys.
Caster Semenya (links) is as Puksport se Sportvrou van die Jaar aangewys.

 

Van Dyk is nie net die beste junior spiesgooier is Suid-Afrika nie, sy is ook een van die wêreld se bestes. Sy het die USSA, Varsity Atletiek, junior-SA en SA-Ope titels agter haar naam, asook ‘n silwer medalje by die Afrikaspele en ‘n silwer medalje by IAAF Junior Wêreldkampioenskappe in Pole.

Spiesgooier Johann Grobler het met die louere as Junior Sportman van die Jaar weggestap, danksy lys spogvertonings wat ‘n silwer medalje by die SA-kampioenskappe, asook ‘n silwer medalje by die IAAF Junior Wêreldkampioenskappe by Bydgoszcz, Pole. Dit was die beste afstand deur enige Suid-Afrikaanse atleet vanjaar en die tweede beste in die wêreld deur ‘n junior atleet.

Vir die Sportman van die Jaar, Tshepang Makhethe, wag daar ‘n blink toekoms. Dié hamergooier is vanjaar as die SA o.23-kampioen met ‘n uitstekende afstand van 69.1m gekroon om saam met sy USSA-titel te gaan. Daarbenewens het hy brons by die Afrika-kampioenskap ingepalm en silwer by die SA-kampioenskappe.
Gaan ons weer so ‘n jaar sien?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button