Pukke se draaiers maak amok teen Lichtenburg
NWU-Pukke het hulle onoorwonne rekord in vanjaar se Noordwes Premier Klubkrieketliga behou toe hulle verlede Saterdag vir Lichtenburg Krieketklub met 8 paaltjies verslaan het. Pukke se giftigste wapens in hulle ammunisie was hulle draaiers wat amok teen hulle teenstanders gemaak het. Hanco Olivier het ‘n verstommende ekonomiese ontleding van (8-4-4-2) behaal en die kolwers se …
NWU-Pukke het hulle onoorwonne rekord in vanjaar se Noordwes Premier Klubkrieketliga behou toe hulle verlede Saterdag vir Lichtenburg Krieketklub met 8 paaltjies verslaan het.
Pukke se giftigste wapens in hulle ammunisie was hulle draaiers wat amok teen hulle teenstanders gemaak het.
Hanco Olivier het ‘n verstommende ekonomiese ontleding van (8-4-4-2) behaal en die kolwers se lopies kurkdroog gehou.
Dylan Matthews het met 3-19 in 6 boulbeurte ingeklim.
Net Ghulam Bhayat met 34 kon enige iets met die kolf vir Lichtenburg vermag in ‘n dag waar lopies so skaars soos hoendertande vir hulle was. Op die ou einde is Lichtenburg vir 112 uitgeboender.
Pukke het oudergewoonte weer ‘n goeie begin gemaak met Rupert Viljoen (34) en Janneman Malan (44) wat ‘n 80 lopie vennootskap in slegs 11 boulbeurte aanmekaar getimmer het.
Albei hierdie kolwers is wel kort na mekaar uit, maar Wihan Lubbe en André Malan stuur hulle span deur na ‘n gemaklike oorwinning.
Kyk die foto’s hier: (Foto’s – Wouter Pienaar)
























