Rudolph is Luiperds se Speler van die Jaar
2016 is op ‘n hoë noot vir die Luiperds-kaptein en agtsteman, Jeandré Rudolph afgesluit toe hy gisteraand (Donderdag, 1 Desember) as die Luiperds Rugbyunie se Speler van die Jaar bekroon is. Dit is dubbele vreugde vir Rudolph nadat hy ook in Oktober vanjaar met die NWU-Puk-Rugbyinstituut se Speler van die Jaar toekenning weggestap het. Ander …
2016 is op ‘n hoë noot vir die Luiperds-kaptein en agtsteman, Jeandré Rudolph afgesluit toe hy gisteraand (Donderdag, 1 Desember) as die Luiperds Rugbyunie se Speler van die Jaar bekroon is.
Dit is dubbele vreugde vir Rudolph nadat hy ook in Oktober vanjaar met die NWU-Puk-Rugbyinstituut se Speler van die Jaar toekenning weggestap het.
Ander groot wenners by die Luiperds se jaareindfunksie wat by die bekende Elgro Hotel plaasgevind het, is Chriswill September (beste vordering), Walt Steenkamp (voorspeler van die jaar) en Johan Deysel (agterspeler van die jaar sowel as die spelers se speler van die jaar)
Lees meer oor die Luiperds se ander wenners en die jaareindfunksie in algeheel in komende week se Potchefstroom Herald.



