SportSport

Potch Buiteklub woeker in Desember

Verskeie gholfkompetisies is die afgelope week by Potchefstroomse Buiteklub gehou. *Op Woensdag 30 November het die klub ‘n IPS kompetisie aangebied. Die wenners was: 1e – JP du Plessis met 39 punte 2e – Hennie Kruger met 38 punte 3e – Rob Nicholas met 37 punte *Op Saterdag 3 Desember is die maandelikse houespel (medal), …

Verskeie gholfkompetisies is die afgelope week by Potchefstroomse Buiteklub gehou.
*Op Woensdag 30 November het die klub ‘n IPS kompetisie aangebied.
Die wenners was:
1e – JP du Plessis met 39 punte
2e – Hennie Kruger met 38 punte
3e – Rob Nicholas met 37 punte

Elizma Fuller en Lorainne Liebenberg.
Elizma Fuller en Lorainne Liebenberg.

*Op Saterdag 3 Desember is die maandelikse houespel (medal), geborg deur Wimpy Potchefstroom, aangebied. Die Mug of Mugs is terselfdertyd gespeel. Dit is die wenners van elke maand se houespel wat om die trofee meegeding het.
Die wenners van Saterdag se houespel was:
A-afdeling – Martin Botha met ‘n netto telling van 68
B-afdeling – Manie Smit met ‘n netto telling van 68
C-afdeling – Kaiser Cornelius met ‘n netto telling van 66
Die Wimpy Mug Of Mug wenner was Martin Botha
*Die dames het ook Saterdag ‘n beterbal-kompetisie, geborg deur Brocor, gehou en die wenners was Elizma Fuller en Lorainne Liebenberg.
*Met die skoolvakansie wat begin, gaan die buiteklub voort met kompetisies op Woensdae en Vrydae. Die klub is gesluit op Kersdag, 25 Desember.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button