SportSport

2016: Die jaar van oorwinning in Potchefstroom

2016 was ‘n jaar vol hoogtepunte vir Potchefstroomse sport met skole, klubs en die NWU Pukke wat gedurig ‘n spasie in die Herald se sportbladsye beklee het. Hier is van die jaar se grootste hoogtepunte: Januarie: Varsity Krieket begin in Potch. Hierdie universiteitstoernooi is ‘n groot treffer met 31 wedstryde wat oor ‘n tydperk van …

2016 was ‘n jaar vol hoogtepunte vir Potchefstroomse sport met skole, klubs en die NWU Pukke wat gedurig ‘n spasie in die Herald se sportbladsye beklee het.

Hier is van die jaar se grootste hoogtepunte:

Januarie:

  • Varsity Krieket begin in Potch. Hierdie universiteitstoernooi is ‘n groot treffer met 31 wedstryde wat oor ‘n tydperk van vyf dae gespeel word. Pukke verloor wel hulle halfeindstryd teen Tuks, wat weer die trofee wen.
  • Die bekende Great Brick Run wat Berts Bricks Atletiekklub aanbied, is weer ‘n groot sukses.
  • Jomo Cosmos sorg vir ‘n opskudding toe hulle Orlando Pirates met 1-0 op Olënpark klop.

Pirates vs Cosmos 032

Februarie:

  • Varsitybeker begin: Pukke vier dit met ‘n gemaklike oorwinning teen Tuks in hulle eerste wedstryd van die kompetisie.
  • Die atletiekbyeenkoms van die jaar in Potchefstroom, die Interhoër, was weer vanjaar ‘n groot hoogtepunt, waar Gimmies weer eens die beker huis toe gevat het.
  • Danielle Strydom, ‘n leerder van Potchefstroom Gimnasium het op haar padfiets uitgeblink en die SA titel verower.
  • Zoli de Kock, bekende atleet en swemafrigter van Potchefstroom wen die Ironman 70.3 in haar ouderdomskategorie.

Inter 2016 048 (Large)

Maart:

  • Volkies se eerste krieketspan wen die promosie na die Finsbury A-liga vir 2017 en is ook die Noordwes T20 kampioene.
  • Izak Smalman, ‘n bekende inwoner van Potchefstroom, hardloop sy honderdste marathon.
  • Francois Kruger is die Potchefstroom Buiteklub se gholfkampioen.
  • Gimmies se uitstekende spiesgooier, Waldouw Smit, is die SA kampioen in sy o.17 ouderdomsgroep.
Izak Smalman het sy 100ste maraton vanjaar voltooi
Izak Smalman het sy 100ste maraton vanjaar voltooi

April:

  • Pukke se Varsitybekerspan kry dit uiteindelik vir die eerste keer reg om die titel te verower na ‘n onvergeetlike naelbyt 7-6 oorwinning teen Maties in Stellenbosch. 11 April sal nooit vergeet word nie.
  • Potch se bergfietssterre, Ryan Conradie en Danielle Strydom is Afrika bergfietskampioene.

IMGL3912

Mei:

  • HTS Potchefstroom en Potchefstroom Boys High is weer in ‘n FNB Classic Clash-stryd gewikkel. Hierdie keer vat HTS die titel op tuisgrond met ‘n ongelooflike 13-12 oorwinning met ‘n laaste strafskop wat in verstreke tyd oorgeklits word.
  • Volkies klop Gimmies vir die eerste keer sedert 2011 in die FNB Classic Clash eerstespan-wedstryd met ‘n 18-17 oorwinning. Net nog ‘n eenpunt oorwinning in ‘n groot rugbywedstryd in 2016!

IMG_7114

Junie:

  • Pukke se netbalspelers, Renske Stoltz, Sigi Burger en Jeanté Strydom word vir die Protea netbalspan gekies. Burger en Stoltz word by die senior span ingetrek, terwyl Strydom die o.21 span haal.
  • Sensei Johan van Tonder kry sy sesde swartbelt.
  • Jurgens Janse van Rensburg behaal op 17 sy Protea kleure in Bisleyskiet. Dié Gimmie-leerling reis ook Engeland toe waar hy aan ‘n groot kompetisie deelneem.
  • Volkies se eerste netbalspan wen die Noordwestitel.

13418454_1712465029027148_9009668464913826046_o

Julie:

  • Die Grant Khomo- en Cravenweek skop af en die Luiperds se onderskeie ouderdomsgroepspanne maak naam en kan hulle koppe hoog hou.
  • Johan Grobler en Jo-Ané van Dyk van NWU-Pukke behaal internasionale glorie en verkry tweede plekke by die Wêreld Jeugatletiek kampioenskappe in Pole.

IMG_1120

Augustus:

  • Gimmies se eerste hokkiespan wen die Noordvaaltrofee en is die beste span Noord van die Vaalrivier, na ‘n uitstekende toernooi.
  • Die Noordwes dameshokkiespan (o.18) wen die IPT-toernooi
  • Gimmies se o.17 netbalspan is weer die beste in die land.
  • Noordwes Krieket verkies dr. Oupa Nkagisang as hulle nuwe president.
  • Caster Semenya en Sunette Viljoen maak Potchefstroom trots met hulle goue- en silwermedaljes wat hulle by die 2016 Rio Olimpiese Spele verower.

CqCB6j9WEAAwqQF

September:

  • Volkies en Gimmies se eerste krieketspanne pak mekaar in die Noordwesliga, met Volkies wat weer koning kraai. Louis van Schalkwyk slaan ‘n pragtige onoorwonne hondertal vir Volkskool.
  • Die Varsity netbalkompetisie begin.
  • Potchefstroom is die gasheer van die Varsity vrouesokker-toernooi.

IMG_0543

Oktober:

  • Noordwes se skole bergfietsspan wen weer die nasionale reeks met ‘n uitstekende spanpoging by Bekker.
  • Pukke wen die Varsity Netbaltoernooi vir ‘n tweede jaar in ‘n ry.
  • Pukke se Top 30 Atletiekbyeenkoms trek weer die beste atlete na die McArthur-atletiekbaan

IMG_2637

November:

  • Die bizhub Highveld Lions klop die Cobras in ‘n spanningsvolle stryd op Senwespark met 3 lopies.
  • Die Wes-Indiese Eilande kom Potchefstroom toe ter voorbereiding van hulle eendagreeks in Zimbabwe. Die span word goed ontvang en maak ook ‘n draai by Potchefstroom Dorp Krieketklub waar hulle afrigter, Henderson Springer, vir sy bydrae tot die klub vereer word.
  • Die Senwes Premierliga beeld ook weer die area se beste kriekettalent uit.

IMG_3405

Desember:

  • Jeandré Rudolph word as die Luiperds se Speler van die Jaar aangewys.
  • Annien Müller en Rudy van Graan verteenwoordig die Junior Protea Lewensreddingspan in Nederland.
  • Die CSA o.15 Nasionale Krieketweek vind in Potchefstroom plaas.

IMG_4039

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button