SportSport

Menlopark kelder Volkies op tuisveld

Volkies se eerstespan het op hulle tuisveld verlede Saterdag die intensiteit van die Finsburg A-liga beleef toe hulle die knie teen Menlopark, die verdedigende kampioene, met ses paaltjies moes buig. Volkies speel vanjaar in die A-liga nadat hulle verlede jaar die promosie/relgasiewedstryd teen EG Jansen gewen het. In hierdie liga gaan Volkies alles moet insit …

Volkies se eerstespan het op hulle tuisveld verlede Saterdag die intensiteit van die Finsburg A-liga beleef toe hulle die knie teen Menlopark, die verdedigende kampioene, met ses paaltjies moes buig.
Volkies speel vanjaar in die A-liga nadat hulle verlede jaar die promosie/relgasiewedstryd teen EG Jansen gewen het. In hierdie liga gaan Volkies alles moet insit en seker maak dat hulle foute soveel as moontlik minimaliseer.
In hierdie wedstryd teen Menlopark het die besoekers se draaiers koning op ‘n stadige blad gekraai met Tristan Janse van Rensburg wat amok gesaai het met sy 4/28 in 10 boulbeurte.
Volkies het na ‘n 47 lopie openingsvennootskap tussen Vincent Viljoen en Herman Prinsloo die kluts kwyt geraak en hulle volgende agt paatjies vir slegs 60 lopies verloor. As dit nie vir Jannie Claassens se 32 en Timothy Malan se 28 was nie, sou die telkaart baie slegter gelyk het. Hierdie twee manne het vir hoop gesorg en Volkies tot by 173 almal uit gebring. Menlopark het die teiken van 174 behaal danksy goeie en presiese kolfwerk van Dirk Thuynsma (56)* en Jaco Lange (45). Viljoen was Volkies se beste bouler met 2/22.
Volkies se eerstes speel komende naweek weg teen Nelspruit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button