SportSport
Volkie matriek moker dubbelhondertal
Volkskool se uitblinker krieketspeler en matriekleerder, Louis van Schalkwyk het weer eens bewys dat hy nie net op skolevlak die hondertalle inpalm nie, maar ook op nasionale vlak. Van Schalkwyk is onlangs vir die o.23 Lionsspan gekies om in twee driedag-wedstryde in Oudtshoorn tydens die KSA Akademieweek, wat vanaf 20 tot 29 Januarie plaasvind, te …
Volkskool se uitblinker krieketspeler en matriekleerder, Louis van Schalkwyk het weer eens bewys dat hy nie net op skolevlak die hondertalle inpalm nie, maar ook op nasionale vlak.
Van Schalkwyk is onlangs vir die o.23 Lionsspan gekies om in twee driedag-wedstryde in Oudtshoorn tydens die KSA Akademieweek, wat vanaf 20 tot 29 Januarie plaasvind, te speel.
Hier het Van Schalkwyk ‘n ongelooflike 204 van 282 balle gemoker in ‘n beurt wat enige professionele krieketspeler jaloers sou maak. Van Schalkwyk is boonop die enigste skoolseun in die Lionsspan en speel beslis ver bo sy eie ouderdom met beurte wat konsentrasie en groot talent verg.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



