SportSport

Varsitybeker: Pukke begin hulle verdediging teen UJ in groot stryd vanaand

Pukke gaan vanaand 19:00 teen UJ moet bewys of hulle hierdie jaar weer Varsitybeker kampioenmateriaal gaan wees. Dit behoort nie ‘n maklike taak te wees nie, veral met ‘n onvoorspelbare en nuwe UJ span wat nou deur flank, Wian Conradie aangevoer word. UJ is ook ‘n moeilike neut om op hulle tuisveld by die UJ-Stadion …

Pukke gaan vanaand 19:00 teen UJ moet bewys of hulle hierdie jaar weer Varsitybeker kampioenmateriaal gaan wees.
Dit behoort nie ‘n maklike taak te wees nie, veral met ‘n onvoorspelbare en nuwe UJ span wat nou deur flank, Wian Conradie aangevoer word.

UJ is ook ‘n moeilike neut om op hulle tuisveld by die UJ-Stadion te kraak en Pukke sal hulle allerbeste moet gee om hierdie jaar op ‘n deurslaggewende wyse hulle stempel af te druk.

Pukke het self ‘n klompie veranderinge aan hulle span gebring en speel met slegs ses spelers wat hulle plek in die beginspan behou wat verlede jaar in die Varsitybeker-eindstryd teen Maties gespeel het.

Boonop het Pukke vanjaar ‘n splinternuwe agterlyn met Schalk Hugo wat die belangrike nommer 10 trui gaan dra. Chriswill September gaan sy skakelmaat wees en laasgenoemde sal op sy goeie vorm van verlede jaar wil voortbou. Hierdie wedstryd sal dus ‘n gulde geleentheid wees om sy plek in die beginspan sy eie te maak.

‘n Oog kan gerus op Lungelo Gosa, die nuweling van die Oos-Kaap gerig word. Hy gaan Rhyno Smith se nommer 15 trui moet volstaan en dit sal interessant wees om sy relatiewe onbekende x-faktor in lewende lywe te sien. Dieselfde kan van Elden Schoeman gesê word, wat verlede jaar in die Luiperds o.21-trui sy lus vir die drielyn bewys het.

Tog met al die nuwelinge in die agterlyn sit die kern van Pukke se ervaring in hulle voorspelers met kaptein Jeandré Rudolph op agtsteman, staatmaker flank Marno Redelinghuys en slotte, Loftus Morisson en Walt Steenkamp aan die stuur van sake.

“Ons moet die basiese beginsels regkry en seker maak dat ons dit regkry. Dit maak nie saak wat ons in die verlede reg gekry het nie. Ons moet op die 80 minute van Maandagaand fokus,” het Pukke breier, Jonathan Mokuena aan Varsity Sports genoem.

Volgens UJ se ervare skrumskakel, Hilton Mudariki, sal hulle reg wees vir Pukke se aanslag en hoop om ‘n goeie wen te kry.

“Ons het al genoeg teen Pukke gespeel om te weet wat hulle bring,” het hy vertel.

Een ding is seker – Varsitybeker is terug en in hierdie wedstryd gaan die span wat die meeste fokus die wen inpalm. UJ en Pukke is albei twee jong spanne, met ‘n paar nuwe gesigte en ‘n paar ou hande wat iets wil bewys.
Laat die vonke spat!

Spanne:
NWU-Puk: 15 Lungelo Gosa; 14 Jimmy Mpailane, 13 Elden Schoeman, 12 Henko Marais, 11 Tapiwa Mafura; 10 Schalk Hugo, 9 Chriswill September; 8 Jeandré Rudolph (kaptein), 7 Marno Redelinghuys, 6 Wandile Mazibuko, 5 Walt Steenkamp, 4 Loftus Morrison, 3 Dewald Dekker, 2 Wilmar Arnoldi, 1 Dolf van Deventer. Reserwes: 16 Chuckie van der Westhuizen, 17 Nico van Tonder, 18 Boela Venter, 19 Marcel Henn, 20 Caleb Louw, 21 AK Nela, 22 Justin Newman, 23 Morné Strydom.
UJ: 15 Ronald Brown, 14 Tyreeq February, 13 Ramaboea, 12 Jaco Fourie, 11 Aphiwe Dyanti, 10 Divan Nel, 9 Johan Esterhuizen, 8 Jo-Hanko de Villiers, 7 Adrian Bester, 6 Wian Conradie, 5 Estian Enslin, 4 Kyle van Dalen, 3 Nico du Plessis, 2 Johannes Snyman, 1 Dillon Bakos
Reserwes: 16 Emmanuel Morowane, 17 Gela Khanya, 18 Reinhaard Nothnagel, 19 Leon Massyn, 20 Hilton Mudraki, 21 Ewan Adams, 22 Peter John Walters, 23 Sarel Smit
Skeidsregter : Egon Seconds (WP)
TMO : Marius Jonker

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button