SportSport

Pukke op die regte spoor teen Madibaz met gemaklike tuisoorwinning

‘n Begeesterde Pukspan het maalvleis van die NMMU Madibaz vanaand op die Fanie du Toit Sportgronde gemaak om hulle eerste tuiswedstryd vanjaar gemaklik met 37-7 te wen. Schalk Hugo was uitstekend met sy skopvoet en het 7 uit 7 skoppe tussen die pale geklits vir ‘n welverdiende 100 persent rekord. Jonathan Mokuena se manne was …

‘n Begeesterde Pukspan het maalvleis van die NMMU Madibaz vanaand op die Fanie du Toit Sportgronde gemaak om hulle eerste tuiswedstryd vanjaar gemaklik met 37-7 te wen.

Schalk Hugo was uitstekend met sy skopvoet en het 7 uit 7 skoppe tussen die pale geklits vir ‘n welverdiende 100 persent rekord.

Jonathan Mokuena se manne was soos ‘n goed geoliede masjien op beide aanval en verdediging en het seker gemaak dat NMMU nie kanse kry om momentum te bou nie.

Pukke het soos ‘n stoomtrein begin met Schalk Hugo wat al sy span se eerste punte met ‘n strafskop in die derde minuut aangeteken het.

Pukke het toe verder momentum gebou toe Wilmar Arnoldi onder die pale gaan kuier het.

NMMU Madibaz het toe hoe gevaarlik hulle agterlyn is toe hulle amper deurgebreek het en net 5 meter voor die drielyn gestuit is. Hier was Khanyo Malotana en Somila Jho grootliks verantwordelik vir die benoude oomblikke. Pukke het toe weer vinnig ‘n drie gaan druk met Elden Schoeman wat deurbars om sy eerste drie in die kompetisie aan te teken. Hugo verdoel en skielik is dit 17-0 vir Pukke.

Elden Schoeman druk sy eerste drie van die toernooi. Foto: Mario van de Waal/SASPA.
Elden Schoeman druk sy eerste drie van die toernooi. Foto: Mario van de Waal/SASPA.

Pukke se voorspelers, Arnoldi, Boela Venter en kaptein Jeandré Rudolph was briljant in die losgemaal en het gedurig besit vir Pukke teruggewen om beheer te hou. Pukke het ook baie aanvallend gespeel en gedurig het Schalk Hugo kantlyn toe geskop op soek na nog driee vir die tuispan.

Dinge het nie volgens plan vir die Madibaz gegaan nie en hulle afrigtingspan was duidelik onsteld, nadat hulle op Pukke se drielyn geboer het, maar nie punte kon aanteken nie. Om sout in die wonde te vryf, is die Madibaz se losskopstut, Xander Vos ook afgestuur met 5 minute speeltyd oor in die eerste helfte. Teen halftyd was Pukke met 17-0 voor.

Lungelo Goza in aksie. Foto: Mario van de Waal/SASPA.
Lungelo Goza in aksie. Foto: Mario van de Waal/SASPA.

Pukke het die geleentheid gehad om eerste punte in die tweede helfte aan te teken en Hugo het sonder skroom die telling na 20-0 geskuif.

Die Madibaz het wel nie tou opgegooi nie en ‘n kort rukkie later is Pukke se regtervluel, Jimmy Mpailane met ‘n geel kaart afgestuur wat die Madibaz ‘n kan gegee het om hulle eerste punte in die 56 minuut aan te teken danksy ‘n drie van Vos.

Die span van Port Elizabeth het toe begin moed bou en ‘n paar keer gate in Pukke verdediging gehardloop met die finale aangee wat net nie na hand toe wou gaan nie.

Pukke het toe in ‘n ekstra rat toe gegaan en hulle derde en vierde drieë danksy kaptein Rudolph gaan druk het.

Die vierde drie wat vir Pukke ‘n bonuspunt verskaf het was te danke aan Tapiwa Mafura se spoed. Wat dit toe vir Rudlph moontlik gemaak het om die laaste vyf meter oor te draf en met ‘n duikslag die drie te vier.

Die perfekte begin vir Pukke op die Fanie waar hulle, hulle 100 persent rekord voortsit.

Speler van die wedstryd: Boela Venter

NWU-Pukke

Doelskoppe: Hugo (4)

Driee: Wilmar Arnoldi, Elden Schoeman, Jeandré Rudolph (2)

Stafskoppe: Hugo (3)

NMMU Madibaz

Doelskoppe: Simon Bolze

Driee: Xander Vos

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button